Jammer ek was so lank weg.

Desember 18, 2009 in Sonder kategorie

Daar was redes. Miskien was van hulle goeie redes.

In any case, hier is iets vir die naweek.

Once, my skapies.

Bert.

Die Bar – Maandag aand

 (Vir Mariska, wat verduidelik het)

 

Die musiek is kak. Een of ander Afrikaanse doos dink hy kan ‘n wysie hou en sy geteem, die een of ander lot kak aangaande engele en harte en liefde en ewigheid, maak stadig my tietspiere lam. Ek sit en raak alleen dronk. Lekker fokken tos. Laptop op die skoot, vingers net onderbreek deur die opsteek van my vyf-en-tagtigste sigaret, of deur die optel en offer van my te-veelste dop aan my te-ywerige keelgat.

Die bar is stil, behalwe vir my en die Xhosa barman, wat eintlik lousy geselskap vir ‘n semi-dronk pseudo-skrywer maak. Maandag is die kakste tyd om in te gee tot daardie ding diep in my wat meeste male aandring op sy eie sin, en nou al gemaak het dat ek meeste van die watergate in my omgewing moet vermy. Ten minste vir drie maande tussen besoeke, tot wanneer die stof gaan lê het, en die laaste naam-met-‘n-plank-slet episode hopelik vergete is.

Selfs al doen net ek die vergeet werk.

Maar wanderlust was nog altyd my kruis, en vanaand is ook glad nie anders nie. Vyf minute later dra die na-smaak van my laaste sluk flat coke en wellington special my na ‘n ander local waar die barlady nie net blank, maar ook Afrikaans, is. Al hoe verder van die huis af. Al verder van rede en redelikheid af.

Die plek is besiger as wat ek sou like. Ek raak net nog ‘n gesig. Vreemde is seker ook soms vrede.

KWV en coke is op permanent special. Die coke kom uit gedeelde blikkies, maar God weet, mens kan nie altyd alles wil hê nie. Veral nie as die enigste ou met ‘n notebook in die hele plek seker onmiddelik geklas word as ‘n moffie of ‘n freak nie.

Stadig verval sin in onsinnigheid. Niemand het ooit vir my vertel dat om te skryf is ‘n fokken extreme sport nie. Miskien is ek regtig te oud of te dronk vir die kak. Of miskien is daar meer sin in die mense wat oor stoele val as in die van ons wat nog die moeite doen om verby hulle te probeer stap.

Hoe dit ookal sy, hierdie is die enigste plek waar ek deesdae woorde agter mekaar kan pak. Die enigste plek waar die stories nog leef. In die bar. Tussen die drank en verspeelde wense van mense nes ek.

Alphaville doen ‘n goeie job van “Big in Japan” en die meeste van die locals gee my die koue skouer. Goeie mense, reken ek. Nie beter of slegter as myself nie. Net mense. Dalk effe common. Soos sout ook common is. Soos die sout van die aarde ook maar moet common raak na daaglikse gebruik.

Die kak voorgevoel is terug saam met die ou wat harop vir almal vertel het hy gaan pis. Hy kyk skeef na my en mompel iets deur sy bewende snor.

Ek kyk hom kak aan en buig weer or die keyboard.

Ek figure dat ek kort voor lank gebliksem gaan word. Dit raak net ‘n saak van tyd, seker omdat ek altyd my eie waarheid skryf en mettertyd praat in ‘n plek waar die waarheid die laaste ding is wat enigiemand regtig wil face.

Besêf is ‘n koue hand in die binnekant van jou lies, net soos skryf ‘n extreme sport kan raak. Nes wanneer jy die duiwel aan die balsak gryp en sy ou opnheilige klokke ‘n goeie wakker-word skud gee.

Miskien gaan iemand vra om te sien wat ek skryf.

Ek maak reg om gepoes te raak. Verwagting is ‘n eensame hoer. Sy wink vir my, en vir ‘n kort rukkie is ek gelukkig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.