Jy blaai in die argief vir 2009 Desember.

Ho Ho Ho !

Desember 25, 2009 in Sonder kategorie

Howzit,

Net gou vinnig vir almal kom sê merry, happy!

Hoop die dag is beter as wat meeste vermoed dit gaan wees.

Geseënde kersfees, my skapies.

Once.

Bert & Suzie

Kersdag 2009

 

Vroegdag kry my op die vorstoep, waar ek oor-soet koffie drink uit ‘n beker wat iemand vir my persent gegee het. Een met die ou landsvlag voorop. ‘n Sigaret brand stadig uit in die asbak op die stoeptafel. My hond lê by my voete en lêk ingedagte aan een van my kaal tone.

Dit gaan ‘n warm dag wees reken ek, en kyk verby die stoepdak na die wolkelose hemel. Miskien gee iemand vir my ‘n swembad vir krismis, hoop ek stilletjies. Daar is beweging in die kombuis. Verseker my ma wat gisteraand se skottelgoed begin was. In die agtergrond hoor ek een of ander onbekende familielid snork soos ‘n walrus in hitte.

Die huis is vol mense wat ek lanklaas gesien het. Party van hulle weens omstandighede, ander met goeie rede.

Agter in my kop maak ‘n stoomtrein reg om stasie te verlaat en ek wonder weer waar ek die Grandpa’s en Proheps weggesteek het.

Ou kersaand was nie te goed vir my nie In retrospek is vles vat saam met familie seker nooit regtig ‘n goeie ding nie.

“Dankie vir my geskenk”. Jy staan in die deur, daardie pragtige stoute smile van jou ooral oor jou gesig gesmeer. Jy het een van die kinders se groen krismis-elfie hoed op en ek voel hou die lag in my wil oorkook.

Jy kom sit op my skoot, vou jou arms om my nek en soen my op die voorkop. “Geseënde kersfees, Bertie…” Jy ruik na perskes en sonskyn. My hart trek skeef in my bors van al die liefde wat hy sukkel om te dra.

“Happy, happy Suzie…” Daar is ‘n knop in my keël. Die koffie help.

‘n Kar ry verby en my getroue waghond storm die heining om sinneloos te staan en kef, agterbene wyd uitmekaar, kop vorentoe gestrek. Sy stert staan stokstyf in die lug en hou die ritme van sy eenvoudigheid.

“Simpel fokken brak” mor ek en sit my arms om jou lyf. Jy lag saggies en sê iets oor hoe hy nes sy baas staan en doelloos geraas maak. “Gedra jou” antwoord ek verby my eie glimlag.

Dis kersdag.

Daar is niks wat ek hoef te kry nie.

In die oomblik het ek alles wat ek voor kon vra.

Wie onthou MC Hammer?

Desember 23, 2009 in Sonder kategorie

Hierdie is genuine die snaakste fokken ding wat ek nog ooit gesien het. En thanks vir Sannie Die Huishoer wat dit vir my gemail het, specialy om my op te cheer.

Jy is sweetness, bokkie. En daai anner fokken kluit verdien jou nie. Laat weet hom maar ek tune hom van fok jou.

Goodness vir jou, en vir julle almal.

Bert.

Want ek is ‘n doos, dis hoekom.

Desember 23, 2009 in Sonder kategorie

Vandag is ek jammergat-poesbedroef.

Ek kry myself vreeslik fokken jammer oor my eie fokken simplegeite. Nee, erger as dit. Ek kry myself jammer omdat ek op my gat geland het oor my eie fokken verwaandheid.

Staan mos en fokken lord dit oor my erf, loop met my hande in my sakke en figure ek is net die beste fokken ding naas Rice Cripsies en greasy slapchips. Skryf vriende af en tree op soos ‘n Klas-A fokken modder rot.

Snaaks genoeg draai dit toe toe uit ek is nie so fokken kieff nie. Draai toe uit ek is maar ‘n baie klein fokken vissie in ‘n moerse fokken groot dam. ‘n Fokken dam wat ek seker moet mention, aan die verkeerde fokken kant van die spoor ook nog lê.

Maar kyk, jy gaan regtig baie fokken vêr soek vir ‘n groter fokken doos as die een wat jy in die naaste spieël sal raakloop.

Heavy fokken dof, figure ek nou dat dit te laat is.

Heavy fokken tappit.

Once.

Jammer ek was so lank weg.

Desember 18, 2009 in Sonder kategorie

Daar was redes. Miskien was van hulle goeie redes.

In any case, hier is iets vir die naweek.

Once, my skapies.

Bert.

Die Bar – Maandag aand

 (Vir Mariska, wat verduidelik het)

 

Die musiek is kak. Een of ander Afrikaanse doos dink hy kan ‘n wysie hou en sy geteem, die een of ander lot kak aangaande engele en harte en liefde en ewigheid, maak stadig my tietspiere lam. Ek sit en raak alleen dronk. Lekker fokken tos. Laptop op die skoot, vingers net onderbreek deur die opsteek van my vyf-en-tagtigste sigaret, of deur die optel en offer van my te-veelste dop aan my te-ywerige keelgat.

Die bar is stil, behalwe vir my en die Xhosa barman, wat eintlik lousy geselskap vir ‘n semi-dronk pseudo-skrywer maak. Maandag is die kakste tyd om in te gee tot daardie ding diep in my wat meeste male aandring op sy eie sin, en nou al gemaak het dat ek meeste van die watergate in my omgewing moet vermy. Ten minste vir drie maande tussen besoeke, tot wanneer die stof gaan lê het, en die laaste naam-met-‘n-plank-slet episode hopelik vergete is.

Selfs al doen net ek die vergeet werk.

Maar wanderlust was nog altyd my kruis, en vanaand is ook glad nie anders nie. Vyf minute later dra die na-smaak van my laaste sluk flat coke en wellington special my na ‘n ander local waar die barlady nie net blank, maar ook Afrikaans, is. Al hoe verder van die huis af. Al verder van rede en redelikheid af.

Die plek is besiger as wat ek sou like. Ek raak net nog ‘n gesig. Vreemde is seker ook soms vrede.

KWV en coke is op permanent special. Die coke kom uit gedeelde blikkies, maar God weet, mens kan nie altyd alles wil hê nie. Veral nie as die enigste ou met ‘n notebook in die hele plek seker onmiddelik geklas word as ‘n moffie of ‘n freak nie.

Stadig verval sin in onsinnigheid. Niemand het ooit vir my vertel dat om te skryf is ‘n fokken extreme sport nie. Miskien is ek regtig te oud of te dronk vir die kak. Of miskien is daar meer sin in die mense wat oor stoele val as in die van ons wat nog die moeite doen om verby hulle te probeer stap.

Hoe dit ookal sy, hierdie is die enigste plek waar ek deesdae woorde agter mekaar kan pak. Die enigste plek waar die stories nog leef. In die bar. Tussen die drank en verspeelde wense van mense nes ek.

Alphaville doen ‘n goeie job van “Big in Japan” en die meeste van die locals gee my die koue skouer. Goeie mense, reken ek. Nie beter of slegter as myself nie. Net mense. Dalk effe common. Soos sout ook common is. Soos die sout van die aarde ook maar moet common raak na daaglikse gebruik.

Die kak voorgevoel is terug saam met die ou wat harop vir almal vertel het hy gaan pis. Hy kyk skeef na my en mompel iets deur sy bewende snor.

Ek kyk hom kak aan en buig weer or die keyboard.

Ek figure dat ek kort voor lank gebliksem gaan word. Dit raak net ‘n saak van tyd, seker omdat ek altyd my eie waarheid skryf en mettertyd praat in ‘n plek waar die waarheid die laaste ding is wat enigiemand regtig wil face.

Besêf is ‘n koue hand in die binnekant van jou lies, net soos skryf ‘n extreme sport kan raak. Nes wanneer jy die duiwel aan die balsak gryp en sy ou opnheilige klokke ‘n goeie wakker-word skud gee.

Miskien gaan iemand vra om te sien wat ek skryf.

Ek maak reg om gepoes te raak. Verwagting is ‘n eensame hoer. Sy wink vir my, en vir ‘n kort rukkie is ek gelukkig.