Jy blaai in die argief vir 2009 Augustus.

Van vriende kies en familie nie.

Augustus 29, 2009 in Sonder kategorie

Party mense is helemaal te fokken oplettend vir hulle eie gesondheid (en die mental health van die om hulle, figure ek). So kom ek vandag met ‘n skok en ‘n fokken PK agter toe ek my email oopmaak en nie een nie, maar drie emails van verskillende mense af kry met dieselfde vraag en fokken kak comment. Ek het toe maar besluit om one-time hier te reply en dan kan almal gelyk ophou om my te pester met die stront.

So vir julle wat wou weet, die antwoord is ja. Die nuwe ou oppie blogs related is aan my, julle is reg. Ja, my family tree het ook takke. Thinus van die nuwe blog Thinus Reken is my ouboet. En ja, ek het seker maar leer skryf by hom. En ja, ek sal graag wil glo ek skryf beter as hy.

En ja, die enigste ding grooter as my ego is my wedding tackle. Once.

Any case, welkom, boeta! Hoop jy like my speelplek minstens helfde soveel as wat ek jou eerste girl friend gesmaak het, way back when.

Deluxe, papa!

Bertie.

Ps) Ma het gevra jy moet haar make-up vir haar terug bring huis toe.

B.

Waar daar ‘n rokie trek…

Augustus 24, 2009 in Sonder kategorie

Ja, ek weet ek is skaars. Fokken sorry, orraait?

In any case, ek het nuus. Groot nuus.

Ek het  iemand fokken stupid genoeg opgespoor om my kak te publish. Kan jy nou meer? Ek figure hulle was reg toe hulle getune het dat daar elke minuut ‘n poepol gebore word.

Al wat ek nou kan sê oor wat in die ding gaan wees. ‘n Lot van my shorts en gedigte.

Die working title is “Dronkverdriet”.

So byt vas en wees soet, dan post ek dalk weer hierso ietsie as ek kans kry.

Sweetness,

Bert.

PS) O fok, voor ek vergeet om groot lotte mense op een slag te offend…

Q) What do you get if you cross a Hippo with a lesbian?

A) A Liccalottapus!

Gwaff gwaff gwaff

B.

Iets anners

Augustus 6, 2009 in Sonder kategorie

Jis, jis.

Sorry mense, maar vanaand is ek in ‘n weird fokken mind space, so try ek ietsie anners. Ek het gefigure ek gaan 3 verskillende sketse skryf oor dieselfde ding. Well, so soortvan.

Loer maar.

Sweetness,

Bert.

 

Die tou:

‘n Kortverhaal in drie dele

 

Die eerste bedryf:

“Sien jy die tou?” Die drilsersant se gesig word ‘n donkerder pers. Klein druppeltjies spoeg klou aan sy snor. Hy ruik na Old Spice en nugget. “Ek vra of jy fokken blind is, troep! Sien jy die fokken tou?” Elke woord word gespoeg in die ritme van ‘n LMG op single shot.

“Ja, sersant!” Dit help nie jy praat mooi of lyk jammer nie. Jy skree net ja en vat maar wat de fok ookal in jou rigting aankom.

“Nou maar val dan agter in, ospoes!” Hy ruk sy arm amper uit lit uit soos hy beduie na die agterste end van die ry jong mans wat soos dominoes ingeryg is, pikstel en varkpan in die hand. “Beweeg, beweeg, beweeg!”

“Ja, sersant! Jammer, sersant!” Bruin leer boots klap ‘n haastige ritme oor die rowwe sementvloer in die algemene rigting van waar die ry eindig. Help nie jy probeer verduidelik nie. Jy skree net. Vat maar net.

“Jammer is ‘n myt se naam! Moenie jammer wees nie, wees fokken versigtig!” Die masjiengeweer tempo van die uitkak trek agterna. Langs die pad staan iemand en grinnik. Daar is mos maar oorals ‘n fokken clown.

Die tweede bedryf:

“Sien jy die tou?” Jy skuif ongemaklik rond en probeer glimlag. Klein druppeltjies sweet glans op jou voorkop. ‘n Koue rilling loop teen jou ruggraat af. Driekwart van Pretoria het besluit om juis nou te kom piepie.

“Ek het geweet ek moes nie daai derde bier drink nie.”   

Die musiek raak harder en mense begin skree. Die show het begin. “Fok dit” grinnik jy en koes by die sydeur uit, opsoek na ‘n boom of potplant.

‘n Diep saligheid val oor jou terwyl jy kliphard langs die kar staan en water afslaan. ‘n Hand val op jou skouer en jy skrik die laaste bietjie weg. “Whaaaa!” skree jou pêl in jou oor voor hy langs jou kom zip aftrek.

“Fokken clown” brom jy en probeer om nie jou knaters met bewende hande raak te zip nie.

Die derde bedryf:

“Sien jy die tou?” Die dakbalk kraak saggies onder die vreemde gewig. Die skadu teen die muur skuif lui heen en weer soos die wind om bene speel. Die klein tafeltjie waarop hy gestaan het lê eenkant.

“Is funny, dink jy nie?” Jy wag maar geduldig vir die res van die sin. Die dag het kak begin en word nie beter nie.

“Ek meen, die groen tou pas nogals nice by sy hemp.”

Jy kan maar net jou kop skud. Almal is mos deesdae ‘n fokken clown.

Verlang

Augustus 6, 2009 in Sonder kategorie

My een pêl het ‘n bike gehad. ‘n Geel een. Een-honderd CC se harde Honda masjien. Die ding het net ‘n paar keer geval voor sy ouboet dit vir hom gegee het, kompleet met stukkende carb en pap tyres. Maar vir twee jong, losgat bliksems was sy beter as ‘n Harley. Ons fiets, al het die ding byna permanent onder Boomies se pa se afdak gestaan.  

Tien rand moes eerder vir petrol as bier gaan, maar so het ons wiele onder ons gatte gehad. Daar was altyd die wind in jou hare, die teer onder jou pote en die vryheid van dertig kilo’s ‘n uur teen die aftraande af. Opdraandes was natuurlik ‘n ander saak, want selfs die biellie van ‘n yster was nie strek genoeg om ons gespierde jong lywe die skuinstes uit te dra nie.

Die Grasdak het daai tyd nog twee-rand draughts verkoop in sulke klein bierbekertjies, sigarette was onder vyf rand ‘n pakkie en ek het ‘n rooikop meisietjie geken wat gedink het ek is die Afrikaanse weergawe van Bob Dylan. Die lewe was sonder veel komplikasies en alles, beide heilig en onsinnig, het diep geraak na die derde dop.

Ons het al die woorde van elke song geken en sou later saamsing toe die Honda ingeruil geraak het vir ‘n wit Opel Ascona met ‘n tape deck en geskeurde, krapperige speakers en ‘n automatic transmission. Die seats was al bietjie deurgesit en daar was ‘n geel kol op die dak aan die bestuurder se kant van drie generasies se rook en bestuur, maar ten minste kon ons chicks oplaai. ‘n Hele nuwe wêreld het oopgeraak vir ons en daar was min keer aan die kak wat gewag het om gemaak te raak, gewoonlik by Shaft, McCoy’s of American Dream Terrace.     

Ek kan nie onthou of die macarena famous geraak het voor of na Kurt Cobain homself van die onregverdigheid van die lewe verlos het nie, maar ek onthou nog die gesigte en party van die name, meeste van die parties en al die road trips. Ek onthou die aand toe ons op Jannie se ma se garage dak gaan sit het met ‘n kas bier omdat Boomies getune het die dop is op die huis.  Ek onthou die coconut dop waaruit ons steinwyn gesuip het by Wonderboom drive-in.

Dan is daar die ander memories van stupid dinge gesê en gedoen. Fights gepick en vergifnis nie uitgedeel nie. Vriende verloor en mense begrawe. Die koue hand wat ontnugtering in die holte van jou lies indruk, of die byt van liefde se verraad aan die punt van jou hart.

Soms onthou ek die kak grappe (What do you do if you see a space man? You park, man…)  en om jou pêlle te groet met “yo”. Gypsey tekkies wat na twee maande se konstante dra so gestink het dat dit ‘n boemelaar se oë sou laat traan.

My eerste job, en die moffie aan wie ek moes verslag lewer oor hoekom ek my vyf minute rooktyd met ‘n ekstra twee minute verleng het. Die skadu’s van die trip Amerika toe wat die aborsie van my jong dae sou word en my verhard en ouer sou laat.

Maar daar in die donker hoeke van my onthou lê daar nog die roetes wat ons gestap het tussen Kerk plein en Sunnyside, Burgerspark of partykeer Hatfield. En wanneer ek dit onthou wonder ek hoekom die yskas deesdae so vêr voel van die studeerkamer af.  En soms, met oë toe en ‘n koue bier in my hand onthou ek hoe jy was. En dan ruik ek weer jou hare in die somer son. En dan lag ek weer saggies.