Jy blaai in die argief vir 2009 Julie.

Beter

Julie 21, 2009 in Sonder kategorie

So die nuwe letterdash interface haaspoes is beter?
 
Hoe de fok is dit beter? Kom, kom. Ek dare enigiemand om my te sê!

Jissis, man! Mens raak net gewoond aan die anner kak interface, dan kom een of ander bright kont en krap alles weer om!

Ek is nou so skuins befok dat ek sommer sal fokkof.



Kom krap nou weer my gat!

Julie 17, 2009 in Sonder kategorie

Kyk, laat ons almal nou mooi op dieselfde bladsy kom. Freedom of speech is nie ‘n verskoning om die eerste en enigste fokken ding wat in jou kop opkom te deel met wie de fok jy ookal dink verdien om dit te hoor nie. 

Ek is oor die algemeen ‘n geduldige man. Ek probeer om van my hart ‘n moordkuil nie te maak nie, en soms kry ek dit reg om die ander wang te draai as die lewe my ‘n poesklap gee. Maar dit gee jou ook nie die reg om ‘n sambreel in my hol te staan en oopmaak nie, man!

En as ek die tipe kak lees wat jy besluit het om vir my te email, dan kry ek sommer lus en bars ‘n aar. Ek haal hierso ‘n deel uit jou baie lang en uiters verwronge email aan. Net sodat almal wat nie skelmpies my blog lees nie, ook kan sien juis watse tipe fokken werf-etter jy nou eintlik is. 

Jy kan ook maar net God-dank bly wees ek los jou naam hier af. 

“…en ek wil ook net sê dat al die gevloekery net een te veel is…”
“… hoekom skryf jy so baie oor naaktheid? Het jy ‘n obsessie…”
“…daar is altyd verwysings na seks in jou skrywe…”
“…God het die man en die vrou gemaak en seks is ingestel as ‘n heilige bond…”
“…rassisme, haatspraak… net die Here mag oordeel…”
“…pastoor gaan sien of dalk berading oorweeg…”


Mog ek jou eendag raakloop, kind van Gam. Ek het ‘n spesiale fokken gatskop-sessie wat ek net vir jou bêre. Ek hoop vir jou part dat jou medies op datum is, want as ek jou ooit in die hande kry sal ek seker maak dat jy jou tande optel met gebreekte vingers. 

My dag was al klaar nie nice nie, en nou staan en krap jy my verder om! Ek hoop dit antwoord jou vraag of ek mans-genoeg is om terug te kom na jou toe. Fokken kluit.


Gesprekke met Bert

Julie 17, 2009 in Sonder kategorie

“Hoekom drink jy in die week?” 

“Ek weet nie. Seker soos ‘n goeie idee gelyk op die tyd.” Ek skuif ongemaklik rond in my stoel. Die tipe gesprek is te oop, te reguit op die been af. Waarheid was nog nooit my grootste sterkpunt nie.

“Het jy depressie, of is jy maar net depressed? Gaan jy die pille drink? Hoekom het jy weer begin rook? Hoekom haat jy jouself? Is daar rede om jouself te haat?” 

Die kak moet nou ophou, besluit ek en staan op om die TV aan te sit. 

“Hey, ek fokken praat met jou!” 

“Ek weet, en daarin lê die fokop. Want jy bestaan nie. Jy is net die stem in my kop. My gewete of my waansin, maak nie regtig saak watter een nie.” Die yskas is net so leeg soos die dertien ander kere wat ek vanoggend in hom geloer het. My kop is effe seer, my lyf is moeg. Meer as dit, my siel, my menswees is moeg. 

“So gaan jy my nou antwoord of nie?” 

“Nee, ek gaan nie. Want jy bestaan nie.” Ek maak die yskas se deur toe en stap die sitkamer in. Daar is ‘n Afrikaanse fliek op oor hoërskool kinders en ek lag effe te hard. Niks is vandag normaal nie. “Jy is net ‘n stem sonder lyf. Jy bestaan nie.”

“En jy, Bert Combrink? Hoe is jy dan anders as ek?” Die angel in sy woorde bêre gif in my hart. Ek kyk op my foon. Daar is een SMS. 


Fok, fok, fokker – spesiaal vir modderkoekie

Julie 17, 2009 in Sonder kategorie

Die post is spesiaal vir een van die mees saghartige mense wat ek nou al ooit op die blogs raakgeloop het. Gaan check bietjie haar griffels by http://litnetblogs.24.com/modderkoekie uit.

In any case, sy het vir my ‘n comment gelos oor een of die ander selfbelangrike, kleinlike fokken doos wat haar glo uitgehaal het omdat sy die woord “fok” op haar blog gebruik het. Alhoewel sy geantwoord het met een van die snaakste videos wat ek in ‘n lang tyd gesien het, steek die tipe kak my nog steeds dwars in die keel.

Kyk, ek weet nie wie jy is nie en jy lees seker ni my blog nie om rede jy lamkal die fokken stuipe sou gekry het en neergedoos het. Maar nog steeds, net vir jou wil ek graag sê…

FOK JOU

So vat jou pseudo-nazi mentaliteit en druk dit skuins in jou gat. Onthou net, nie almal trek draad oor die H.A.T. nie, jou pretensieuse kont.


Cremora se moer

Julie 16, 2009 in Sonder kategorie

Hier is ‘n produk wat ek graag in meeste mense se trollies wil sien. Of in party gevalle sommer vir hulle wil inlaai.

-B-

District 9

Julie 16, 2009 in Sonder kategorie

Aliens van die buitenste ruim in Johannesburg?

Jissis mense, het ons nie genoeg kak met regte egte fokken aliens van Mozambique, Zimbabwe, Nigeria en die fokken res van Afrika af nie?

Fok dit. Ek hys vandag nog die vierkleur oor my townhouse se dak en verklaar my eie republiek. Want dis die regte ding. Want dis wat Afrikaners doen. Dis volkseie.

Sit drie Afrikaners op ‘n verlate eiland en twee maande later het jy sewe politieke partye en nege kerke. 

En laat net een van daai groen fokken cockroach meneertjies sy donnerse tentakels naby die Souvereine Republiek van Bert bring!

Hy sal kak, boetie. 


Vir die drie van julle

Julie 15, 2009 in Sonder kategorie

Vir die eerste een: 

Sorry. Ek sal dit nie weer aspris doen nie. Genuine.

Vir die tweede een:

Ek het vir die eerste een sorry gesê. Hoop jy’s nou happy.

Vir die derde een:

Fok jou. 


Antwoorde

Julie 15, 2009 in Sonder kategorie

Want ek is. Sommer net.

Want daar is geen illusies of pypdrome oor nie. Geen verskuilde agendas meer nie. Niks goedkoop towerkunsies nie, en die hasie wat soms in my ou slaprand hoed geslaap het is ook al lankal haashemel toe.  

Dis makliker om vroegdag se mis voor die son te offer as om in my te delf vir goed of reg, of selfs net regverdig.

Jy is ook.

En omdat jy was en steeds is, is ek ook maar net. 

En dis al. En dit moet maar goed genoeg wees.

Nes ek. En nes jy.



Een dag in die Oval Office…

Julie 15, 2009 in Sonder kategorie

Vir al die mense wat, nes ek, nog steeds dink Mark Condor en Die Swart Luiperd is befokte kultuurskatte.

Heavy…

Bert

Ek leef nog. Ek dink.

Julie 14, 2009 in Sonder kategorie

Jis, jis!

Die griepmedisyne doen snaakse dinge aan my kop as ek dit drink saam met bier en depressie pille. So vanaand kry julle ‘n spookstorie.

Goodness,

-Bert-

Lente

“Ons is almal geknip uit dieselfde ou stuk lap. Ons wat skryf en ons wat lees. Ons wat bid en ons wat verwyt. Ons wat glo en ons wat werk. Jan-bank of Jan-bliksem. Dieselfde ou lap…” Die ou man se oë staar vêr oor die werf, verby die geroeste trekker se geraamte waaronder die bossies groei. 


“Va-melewe se dae was daar ‘n Potgieter wat die nagwa gery het. Jy weet mos, die ou wa wat die longdrop se emmer kom oplaai het. Nou ja, hy het altyd ‘n das gedra. Glo gereken hy het ‘n eerbare werk. Ek reken hy was reg. Dit was harde tye gewees, daardie tye. Maar mense was nog mense, en wie weet hoe werk die harte van regte mense?” 

Ek knik maar my kop, nie veel lus om te luister nie maar ook te beleef om net op te staan en te loop. Oumense en hulle stories was nog altyd vir my net ‘n bietjie vreemd. Te vêr weg van die wereld en sy dinge. 

“Ja” knik die ou man en ek moet die sug probeer terug hou. “Selle ou lap.” Hy snuif hard en spoeg oor die stoepmuur. Die oom gee my ‘n samesweerders kyk. “Het jy twak, boeta?” Ek trek die pakkie Chesterfields uit my hempsak en wys dit vir hom. “Net sigarette, oom” antwoord ek en bied die pakkie vir hom aan. 

“Nou maar maak vir ons elkeen ene brand, dan vertel ek jou Lente se storie.” Ek huiwer eers, nie seker of ek die ou man moet toelaat om te rook nie. “Toe nou, man” jaag hy my aan en ek steek maar een van die sigarette op en gee dit vir hom aan. Sy hande is bewerig. Die kneukels is geknoets, die vel gekreukel en vol bruin vlekkies. Hy druk die filter tussen sy lippe in en trek die rook diep in sy longe in. ‘n Sagte hoes volg die rook by sy mond uit, en hy vee met sy ander hand oor sy oë terwyl hy verleë glimlag. 

“Lanklaas gerook” sê hy as ‘n halwe verduideliking. “ Omtrent in vyf-en-sestig laas, as ek nou reg onthou…” Ek voel skielik skuldig. “Ja toe, jy wou weet van Lente?” Ek knik maar weer beleef en dink stil by myself hoe min ek regtig wou hoor van die seisoen tussen winter en somer. 

“Lente se storie gaan nie eintlik nie oor haar nie, dit gaan meer oor Hans-Jakkals. Hy was ‘n jong wewenaar daar van Zeerust se wêreld, en hy het weer vrou gesoek. So om te help met die plaas en die dinge, sien…

“Is toe nou so dat hy die slag dorp toe kom met nagmaal en daar loop hy sy oorle vrou se neef raak. Een Herklaas Van Niekerk. Nou moet jy verstaan, Herklaas was Lente se pa, en hy het geweet dat die kind nie so lekker reg wys was nie.” Die ou man trek weer aan die sigaret en blaas sonder moeite ‘n ringetjie met die rook voor hy verder vertel.

“Haar ma is dood net na sy die lewe ingekom het, en haar pa het nie weer vrou gevat nie. Hy het haar toe Lanfer gedoop. Jy weet, soos begrafnisdoek. Maar almal het haar maar as Lente geken. Seker oor laat sy jou altyd laat dink het die son het spesiaal opgekom elke keer as sy vir jou kyk met daai hartseer groen oë, en dan glimlag. So reg uit die hart uit. Klein Lente was maar nog van altyd af anders gewees. Altyd geloop en praat met mense en dinge wat net sy kon sien. Meeste van die ou mense het gereken die kind is met die helm gebore, maar haar pa het vas geglo sy was net aspris. Baie dae het hy haar sommer so sonder rede met die karwats bygekom en haar gemoer soos mens ‘n donkie nie sou moer nie. Arme kind het ook so met tyd saam geleer dat sy maar eerder nie moet praat met die mense as haar pa na genoeg is om te hoor nie.”

Hy skud sy kop heen en weer voor hy die halwe sigaret op die stoepvloer laat val en met sy gebarste ou skoen doodtrap. Ek vat nog ‘n sluk van die oorsoet koffie en kies ‘n boerbeskuit uit die bord wat op die draadtafel voor ons staan. Ten spyte van myself kyk ek die ou man vraend aan voor ek die beskuit in my beker probeer pas. 

“Ek dink haar pa het haar nooit vergewe vir die dat haar ma dood is met haar geboorte nie, so asof dit haar skuld was. Maar soos ek netnou al gesê het, mens kan nooit reguit reken watter pad ‘n ander ou se hart stap met hom nie.

“In elke geval, dinge het nou maar so aangegaan, so met die dat Lente met die ander mense praat wat net sy sien, en selfs al het ou Herklaas haar gereeld daaroor geswets en geslaan, was dinge nie so vreeslik erg vir haar nie. Dis nou tot hy die dag hoor hoe sy dogter met haar oorle ma staan en gesels terwyl sy deeg knie vir die dag se brood bak.”

“Ek het later jare gehoor wat daardie dag gebeur het by een van die plaaswerkers wat haar in die kombuis gehelp het met die bakkery. “Goed mama, ek sal hom probeer sê” het sy glo gesê. “Maar ek dink nie hy gaan my glo nie…” Ou Herklaas het glo net op daardie oomblik die kombuis ingestap. “Met wie staan en praat jy nou weer, jou eenvoudige stuk mens?” wou hy glo toe weet, alreeds weer die moer in vir sy kranksinnige telg.

“Sy het seker maar nie geweet hoe om te anders as om met die waarheid te antwoord nie. “Met my ma” het sy toe eenvoudig stilletjies gesê. “Sy sê pa moet my nie verkoop nie…”  

“Die dag het hy haar glo erger gemoer as enige van die ander kere en haar toe laat toesluit in die tabakstoor. Maar mettertyd het een van die plaaswerkers haar kom haal en vir haar gesê haar pa wil hê sy moes help om die groente te oes. Hulle moes dorp toe vir die mark en vir nagmaal.”  

Teen die tyd het die beskuit ‘n pap spul onder in my beker geword en en was besig om dit stuk-stuk met ‘n teelepel te probeer uitvis en eet. Daar is ‘n trek om die ou man se mond wat grens tussen hartseer en nostalgie. Sy hande wring in mekaar en ek merk dat sy arms heeltemaal te dun vir sy hempsmoue is. Oumens arms, dink ek en wens dat ek nooit so oud sal word nie. 

“En so is die lot van hulle toe ook nagmaal toe op die dorp. Dit was twee dae met die wa, en die hele tyd het pa en dogter glo niks vir mekaar gesê nie. Lente het glo net gesit en staar, en hoe nader hulle aan die dorp gekom het, hoe meer hartseer het haar oë geraak en hoe minder het sy met die werkers wat saam getrek het, gepraat. Met hulle aankoms op die dorp het Herklaas laat tent opslaan op die plein langs sy neef Hans-Jakkals se uitspan.

“Met die week van nagmaal, doop en trou het die twee neefs ook ooreengekom dat Lente met Hans sou trou, en dan Hans in ruil vir Herklaas dertig pond sou gee wat die nog vir Dominee Verwey en die kerk geskuld het. Nou natuurlik is die mens se hart ook maar net menslik en die dominee het gereken dis die beste van reëlings. Nie net kry Lente ‘n goeie man wat vir haar sal sorg nie, maar ook kom sy weg by haar pa. Boonop is haar pa dan ontslae van sy skuld en sy dogter en die dominee kry die dertig pond terug wat die kerk teen die tyd werklik nodig gehad het. Almal was gelukkig met die stand van sake. Almal behalwe Lente, wat huilend deur die troudiens en wittebroods aand is, en eers omtrent ‘n jaar later met enigeen sou praat.”

Die ou man tel die bordjie met die sny melktert op en eet oopmond. Ek staan op van die riempie stoel af en vryf die bloed en lewe terug in my boude in. Ek is steeds die stoeltjies nie gewoond nie, en enigiets meer as ‘n half-uur raak te veel vir stadsboude wat leerbanke verkies. Die ou man knik sy kop in gedagte op en af voor hy sy bordjie op sy knieg neersit.

“Ja, met niemand nie. Of so het almal gedink. Tot die aand wat sy Hans-Jakkals se kind die lewe in sou bring. Nou toe, van wat daai aand gesê is het ek ook nou al drie vertellinge gehoor. Meeste van wat oorvertel was aan my, was deur ‘n bywoner gehoor. 

“Sy vrou het by die opstal kom bystaan met die bevalling, en die het hom vertel wat arme klein Lente daai aand vir Hans vertel het. Hans het aangedring om by haar te bly toe die kind nou kom, al het die vroedvrou vr hom gesê dis nie ‘n man se plek nie.

“Ek kan nie sweer by die waarheid daarvan nie want ek was nou nie self daar nie, maar blykbaar het sy in al die maande se stilte wel met iemand gepraat. Hans-Jakkals se oorle vrou, Annabella. Een van daai mense wat net sy kon sien. En glo het Annabella ‘n vreeslike storie gehad om te vertel. Van hoe Hans-Jakkals haar gewurg het toe sy gelê en slaap het, en toe haar lyf in ‘n grot in die koppies op die plaas gaan wegsteek het. En dit alles sodat Hans die plaas en die geld wat haar ouers haar gelos het met hulle dood aan die groot griep, kon erf. 

“Lente het toe glo gesê dat haar eie ma haar gewaarsku het dat haar pa haar gaan probeer verkoop aan ‘n moordenaar, maar dat die ou man nie wou luister na rede nie. Sy sê toe vir hom dat sy ‘n dogter gaan hê, en dat die kind Annabella gedoop moet raak.”

Ek skuif nader en kyk die ou man aandagtig aan. Uit gewoonte steek ek nog ‘n sigaret op en bied die ou man een aan, maar hy wys my aanbod van hand met ‘n skud van sy kop. 

“Lanfer, of Lente soos ons almal haar geken het, is toe net na die eerste skreeu van haar dogtertjie dood aan bloeding. Die vrou wat bygestaan het met die kleintjie vang het maar gereken dat Lente se gesonde denke haar gelos het met die pyn van die geboorte, en dat sy maar in elke geval nooit regtig heeltemaal helder van verstand was nie. 

“Die kleintjie is toe gedoop, Hans-Jakkals het haar die name Annabella Lanfer gegee voor hy homself in die skuur op die plaas opgehang het. Sy sou mettertyd ook maar trou en kinders hê, en die wêreld sou vergeet van haar eienaardige ouers.” Hy maak keel skoon en vee weer met ‘n hand oor sy gesig. “Nou toe” sê hy stilweg. “Dis die storie van Lente en haar gepratery.”

“My ouma se naam was Annabella” sê ek en lag saggies. “Maar ek reken dit was seker maar ‘n algemeen genoeg naam, of hoe?” 

‘n Hand rus sag op my skouer en ek draai in my stoel om Elsie te sien, een hand rustend op haar swanger maag. “Met wie praat jy, lief?” Ek draai terug na die leë stoeltjie langs my. “Nee wat, ek praat sommer met myself” antwoord ek half ongemaklik. “Hoe voel jy na jou slapie?” 

“Ek het nie regtig geslaap nie” antwoord sy en lig die boekie met kindername wat ek vir haar gekoop het voor ons plaas toe gekom het, op na my gesig. 

“Ek het bietjie gelê en name soek vir ons dogtertjie. Wat dink jy van Lente? Ek weet dis ‘n bietjie aardig, maar ek hou nogals daarvan…”

“Dit klink omtrent reg vir my” sê ek en sit my pakkie sigarette neer langs die leë melktert bordjie op die tafel.