Jy blaai in die argief vir 2009 Maart.

Die blog word gesponsor deur…

Maart 3, 2009 in Sonder kategorie

NEOTEL!
 
En dis hoekom ek so min post.

Want dit fokken werk nooit nie.

Fokken konte.

‘n Bedtime storie

Maart 3, 2009 in Sonder kategorie

Ek het bietjie in die kaste gegrou (want ons trek al weer) en afgekom op ‘n storietjie wat ek in matriek gepen het vir ‘n Afrikaanse projek. 

Trips me down memmurries lyn…

Die wyse man en die dwaas.

Een dag, lank gelede het ‘n dwaas tussen twee dorpe gereis, en het langs die pad op ‘n wyse man afgekom waar dié onder ‘n boom sit en diep sug.

“Wat is dan fout met jou?” vra die dwaas aan die wyse man. “Hoekom sug jy en lyk jy so verdrietig?” 

“Jy sal nie verstaan nie” antwoord die wyse man him met nog ‘n sug “want ek is ‘n wyse man en jy is net ‘n dwaas. Maar as jy moet weet, sal ek jou vertel.” Die wyse man sug weer diep, laat hang sy kop op sy bors en begin saggies te huil 

“Ek het vandag besef my lewe het nie ‘n rigting nie…” snik die wyse man voor hy weer sug, die keer dieper as al die ander kere saam. 

“Ja nee, bliksem” sê die dwaas en skud sy kop in simpatie. “Dit klink maar rof, ou maat. Maar dit kon erger gewees het, weet jy…”

“Nou hoe kon dit erger gewees het?” vra die wyse man verbaas.

“Wel, om mee te begin kon jou lewe ‘n rigting gehad het…” antwoord die dwaas voor hy weer sy bondeltjie optel en verder die pad afstap.

Die einde.

Ja ek weet, dit is maar lekker faktap, maar daai tyd van my lewe was alles wat nie regtig veel sin gemaak het nie, profound.

Vandag sal hy seker anders lees. Dalk iets soos die…

Die wyse man en die dwaas:

Een dag, lank gelede het ‘n dwaas tussen twee dorpe gereis, en het langs die pad op ‘n wyse man afgekom waar dié onder ‘n boom sit en diep sug.

“Is dit net ek” vra die dwaas aan die wyse man. “of is die hele wêreld fucked up?”

“Dis nie net jy nie” antwoord die wyse man hom met nog ‘n sug “Die hele wêreld is ‘n hoerplaas. Get used to it.” Die wyse man sug weer diep, laat hang sy kop op sy bors en begin saggies te huil.

Die einde

Ja, ek figure dit lyk beter. Any case, ek moet gaan pak.

Groetnis,

Bert.