Jy blaai in die argief vir 2009 Februarie.

Haal asem.

Februarie 26, 2009 in Sonder kategorie

FOK!

Daarsy.

Nou voel ek weer beter.



The ghosts of girlfriends past.

Februarie 26, 2009 in Sonder kategorie

Jy het destyds nie so mooi gemaak met my nie. Ek weet nie of jy eens onthou nie, dit was ‘n hele paar jaar terug, maar dit was nie vreeslik nice nie.  

En nou, na nege jaar se stilte, staan jy op my stoep en probeer weer vriende wees. Kompleet met fotos van die kinders en hulle pa. 

Ek het net een vraag… 

Dink jy dis moontlik om die mes ‘n bietjie dieper in te steek voor jy hom begin draai?


Verset. Die mooiste woord.

Februarie 25, 2009 in Sonder kategorie

Vanaand haal ek my hoed af vir ‘n klompie mense wat die knaters het om op te staan teen ‘n verkeerde ding.

Ek praat nou van die inwoners van Louis Trichard, wat besluit het dat verset die enigste pad voorentoe is. Hulle het besluit dat siende hulle absoluut fokol dienste kry van die munisipaliteit af nie, hulle absoluut fokol aan die munisipaliteit gaan betaal nie!

Geskiedenis leer ons dat die Yanks, vir so min as wat ek hulle like, met die slogan “no taxation without representation” hulle eie onafhanklikheidstryd teen die fokken Britte begin het. En dis juis die idee wat nou eers in S.A begin opspring. Ek is net verbaas dit het so fokken lank gevat!

Maar vra jouself, is dit nie die plig van elke mens wat die ideale en leerstellings van vryheid, vrede en vooruitgang anhang, om sy bliksemse voet neer te sit as die tipe kak begin kop uitsteek nie?

Kyk net bietjie hoeveel mense verniet bloei, net sodat die res van ons soos volstruise met gat innie lug en kop innie sand kan staan, heavy in denial, terwyl ons mekaar vra wat ons tog kan doen.

Ons bly maar stil, net te bly om ‘n werk te hê. Te dankbaar dis iemand anders wat geroof, verkrag, gebliksem of vermoor word, in plaas van ons of iemand wat ons ken. En as ons daarvan hoor, dan sak ons die kop en vloek en mor, want so kan dinge mos nie aangaan nie.

Maar ons bly net te bly dat ons nog ‘n dag gespaar is om te kruip en smeek en skaam te kry.

Nie vir die mense van Louis Trichard nie! Vir julle is die konsep grooter as die krummels wat van ‘n korrupte regeering se tafel afval.

Julle mense is legends.

Die rewolusie hoort by julle te begin. En die res van ons hoort julle te volg.

Die beklangrikste maaltyd.

Februarie 21, 2009 in Sonder kategorie

Dis kwart oor nege op ‘n Saterdag oggend en ek gaan nou breakfast eet.

Vrugte is belangrik mense, want dis moerse gesond en huffels en suffels. Vra maar jou ma. Sy weet.

Lekker tos…

Februarie 20, 2009 in Sonder kategorie

Dis Vrydag.

Ek sit nou al van 2 uur af en kuier saam die maatjies en is liggies gepiets maar heelwat armer.

Alles is fokken kranksinnig duur en ek blameer die goewerment. Sin tax is sommer ‘n pot kak. Drank is nou so fokken onbekostigbaar dat jy of jou eie moet stook of nagmaal moet bywoon om ‘n goedkoop shot in te kry.

Is dit in any case nie ‘n grooter fokken sonde om jou buurman se vrou te streep nie? Plaas tax hulle losbandigheid. Sal in any case die bliksemse strikkiegriep pandemie onder beheer bring.

Ek figure ek gaan maar vir myself moet vote as elections and erections weer verbykom. One man, one vote. Only once.

Groetnis, 

Bert. 


Die oggend se verversing…

Februarie 19, 2009 in Sonder kategorie

(Om te droom)


In vroeg oggend se stilte,
voor nuwedags belofte;


Deur stukkende laatnag ure
met die skugter vermoede van drome,
wil ek jou ken.


Vir somers en seisoene, met die
huiwerings van jeug en dood;


Met reën, met son, met stormwind
teen jou lyf en in jou hare,
wil ek jou ken.


Deur jaar en week en lewe
deur tyd en ewigheids rus;


Met helder vreugde en vergete vryheid,
wil ek jou ken en leer ken. 





Wat is kakker…

Februarie 18, 2009 in Sonder kategorie

As om te gaan werk met ‘n moerse hangover?

Fokol.

Goedig in my moer vandag, so praat maar saggies.


Wander lust, en sommer net plain lust ook for good measure.

Februarie 17, 2009 in Sonder kategorie

Aha! Net toe almal dink ek het nou weer vir goed gefokof, is ek weer terug en vris besig om groetnis en goodness te sprei. Amper soos cholera, net minder van ‘n pyn innie gat.

Anyhow, ek het gefigure dis seker beter om vergifnis te vra as om toestemming te kry, so ek het stil-stil gaan road trip. Net so om die fokken ou ballie depressie af te gooi en weer die good old R S of A een stywe dosis Bert in te jaag. 

Net een woord kan die hele storie reg opsom. Befok. 

Dit was dronk en los en arm en honger en koud en warm en random en nugter en babalaas en gerook en vuil en skoon en schweeet en faktap en heavy en weird en stukkend en deluxe. En daai was net die eerste dag. Voor lunch.

En so tussen bullybeef blikkies en coolbox anxiety het ek ook begin werk aan die nuwe novel. Sal later ‘n deel post, maar ek moet nou eers bietjie dankie sê aan al die betrokke lede. 

Eerste vir Jan Apteek, thanks vir die ennertainerment en die gebruik van die foktrok en caravan. Jy’s ‘n fokken legend. 

Boomies, goeie fokken werk met daai poppie op Delmas. Ja, die een sonner die voortanne. God weet, jy kort hulp om jouself te beskerm teen jouself.

Vatjie, is ‘n pity jy moes so vroeg fade. Ek hoop hulle trek daai klag terug, ou chom. After all was dit Frans wat jou fokken kit geboef het en jou kaalgat in daai park gelos het.

Frans. Jissis, ou maat. Ek het gefigure al ons parties is geparty en al die randomness ge-random. Maar socket rook innnie begrafplaas saam met ‘n fokken groente boer en sy sussie was vir my ook ‘n eerste. Jy’s reg, ‘n nommer 17 graft schweet. Deluxe, papa.

Suzie, die kerk kamp was aangenaam. Het myself gedra. Belowe.

Zip, zip!

Bert.