Jy blaai in die argief vir 2009 Januarie.

Weekend blues.

Januarie 30, 2009 in Sonder kategorie

Dis weer weekend en soos elke anner weekend die jaar is ek moer-uit fokken depro. 

Ek het gefigure dat die groot two-double-ho-niner ‘n befokte jaar gaan wees vol party, spliff rol, dronk word en omval. Maar sovêr het daar nou nie fokken juis te veel daarvan my rigting gekom nie. En quite frankly raak ek worried. En met goeie rede. Ek meen dit is die einde van Januarie, after all.

So daar is nou net 11 maande oor van kak maak, getrek raak, breinselle vermoor en oor die algemeen losbandig wees.

Suzie reken ons raak te oud vir sulke kak en dat ons nou maar oppie stoep moet kuier. So by onse selwers. Soos ‘n ou fokken meneer op my gat sit en seker my aaptwak in ‘n kromnek pyp stop.

Rustig. Kalm. Afgetree. Oppad lang boompies toe.

Ag asse-fokken-blief tog, kan enigiemand my vertel of daar nog êrens in die grooter fokken Pretoria ‘n club of ‘n ding is waar mens kan gaan vles vat sonner om met skoolkinners en moffies te sukkel?

My fok, maar ek gee vandag my linker testikel om weer deur McCoy’s of Shaft se deure te kan stap. Nes innie ou dae toe die enigste ding in die bar cheaper as die bier, jou date was.

A mental shrug.

Januarie 28, 2009 in Sonder kategorie

Apatie is ‘n bliksem.

Ek figure dit sou nice wees om jou tevrede te stel, maar ek gee regtig nie meer ‘n fok om nie, en dit maak dinge makliker.

Ek figure ek moet seker gepla wees, maar ek kan nie meer onthou hoekom ek ooit was nie.

Fashion statement.

Januarie 27, 2009 in Sonder kategorie

Was al weer een van daai fokken dae. Alles wat moontlik kon verkeerd gaan, het. En behalwe vir die staatspresident en die pous het ek met die hele fokken mensdom vasgesit. En hulle het ook net afgekom want een was besig en die ander een missing.

Gelukkig het ek die regte gear vir wanneer dinge begin suid gaan.

Ode aan my fokken lewe.

Januarie 20, 2009 in Sonder kategorie

Ag fok.

Wekker stukkend.

Koue koffie.

Krematorium toast.

Min botter.

Suur melk.

Badkamer queue.

Vermiste sleutels.

Honger honde.

Alweer verkeer.

Alweer werk.

Ag fok.

Vanoggend se gedig

Januarie 19, 2009 in Sonder kategorie

 “Wat wil jy saamvat werk toe?”

Jou stem is elders terwyl jy flytig broodjies in kwarte verdeel.

“Die haelgeweer” antwoord ek sonder om eens ‘n oog te knip.

Jy glimlag net en ek sluk my koue tee voor ek karsleutels gryp

en jou voorkop seën met harde lippe.

Befokgeit

Januarie 19, 2009 in Sonder kategorie

Ek het vanoggend gescheme ek gaan vanaand begin post aan ‘n storie of iets, maar ek is te befok die bliksem in vanaand. So vir die wat wou lees, sorry. Miskien later.

Die rede vir my suur bliksemse bui is ‘n sekere doos met ‘n BMW en ‘n klein peestertjie wat sy uiterste fokken bes probeer het om op my gat te sit en brights te gooi vir my in peak hour tussen Midrand en Centurion. Ja, ek hoop jy lees die sodat jy weet presies watse lae fokken verskoning vir lewe ek dink jy en jou soort is.

Jy is nie eers werd om vergelyk te word met ‘n fokken vuilsiek matroos se kom-kol op ‘n smetlike agterseat nie. Nie sonder om kom-kolle wêreldwyd te insult nie.

Onthou net die, choppie. Net omdat jy ABS het, beteken dit nie ek het nie. En net omdat jy nie wil hê ek moet jou dowwe fokken kop induik met ‘n tyre lever nie, beteken dit nie ek sal dit nie met ‘n fokken smile doen nie.

Die moerse lot geld wat jy vir die fokken skedonk betaal maak jou nie beter as ek nie. Dit maak jou net ‘n impotente klein fokol met meer skuld om terug te betaal as ek.

Jy is die rede hoekom ek ‘n positiewe kant aan aborsie, genade dood en die galg sien. Jy, my vriend, is ‘n fokken nul op ‘n tjek. G’n wonder jou vrou spyker die buurman nie.

Fokken kluit.

Insomnia

Januarie 14, 2009 in Sonder kategorie

Verlange trek in my lyf in soos ‘n ongenooide familielid en staan en maak homself gemaklik in die krop van my siel. Slaap en droom vat vroeg naweekpas en ek gooi bene oor die rand van die katel. Die teëls is koud onder kaal pote en ek raak weer die moer in vir myself dat ek daai stel slippers wat jy vir my gekoop het na een of ander hangkas of gangkas verban het.

Kaal voete skuifel gang af, voordeur toe, stoep toe, sigaret en koue toe. Sleutels kraak ‘n effe te hard en ek wonder of jy dit hoor. Die deur word oopgestoot en die vroegoggend windjie sê môre aan my halfkaal raam. Ek skud ‘n Chesterfield uit sy huisie en maak dit brand in die holte van my vuis. Die smaak van twak is vreemd in vyfuur se stoepkoelte en ek hoes saggies. Dit word skrams lig en my rooi onderbroek word ‘n baken van my eie eenvoudigheid.

Bekommernis skrop weer nes in my en ek herkou alles wat gesê en gedoen was. Die stompie maak maats met die res van sy soort wat my kanondop asbak versier voor ek koers kry kamer toe.

Ek wou nie pla nie, maar die bed kraak onder my aanslag en jy kreun saggies. Jou lyf is warm en die halwe glimlag op jou gesig herhinder my aan ‘n prentjie van ‘n krismis kabouter. In stilte val jou arm oor my terwyl jou kop in die holte van my skouer inkruip.

Jou hare ruik na son en ek soen jou saggies teen die voorkop voor ek kers uitblaas om in skemer te wag vir die wekker se genade.

Ag shame, dis ‘n korte…

Januarie 13, 2009 in Sonder kategorie

Gangseks

‘n Minder erotiese kortverhaal

Die lig in die middel van die gang het geblaas en jou skaduwee bekruip my in dikbêk stilte.

“Fok jou” groet jy my deur stywe lippe, voor jy verder die duister in gly.
“Ja, fok jou ôk” beaam ek jou sentiment met koue oog en warm gemoed.

Dinge was vroeër beter. Maar die gang is lank, en van waar ons staan is die sitkamer en slaapkamer ewe vêr uit mekaar.

Dag neef

Januarie 11, 2009 in Sonder kategorie

Nou ja, ek leef nog.

Ek is besig om die final edits aan my boek te doen en dis hoekom ek so fokken volop soos wors in ‘n hondestal is.

Ek figure nog uit of ek die ding publishers toe moet stuur of net fokken online moet tune laat almal die ding verniet kan lees.

Fok, my kop is seer en my maag draai. Die buurman is weer besig om te raas en ek het nie die krag om hom te vertel hy’s eintlik ‘n kont nie.

Wys jou nou weer net. Die Kaptein vat nie prisoners nie.

Stilletjies groetnis,

Bert.

Mens spot nie met kos nie!

Januarie 1, 2009 in Sonder kategorie

Ek het nou gedink oor hoe mens 2009 in die neute kan dropkick so reg aan die begin, en ek het toe besluit dat die enigste viable manier is om groot groepe mense op een slag te offend, en die res te skok. Once. En wat is ‘n beter topic as seks?

Almal like dit, maar dit laat meeste ook rooi word. Well, in my family in any case, soos ek agter gekom het oor krismis lunch.

Maar, nieteenstaande bly seks beter as brannas en cola oppie voorstoep. Beter as ‘n ysige skuimkoppie, na jy gras gesny het. En stukke fokken beter as braaivleis saam jou tjomme. Delux, papa.

Ek meen dis nou nie regtig ‘n fokken staasgeheim dat die horisontale tango ‘n moerse hit is onner ons Afrikaners, en ek figure seker maar nou die res van die mensdom is nie. Vir die Britte is die twee hoof dinge seks en tee. Vir die Yanks, seks en kakpraat oor hoe fokken wonderlik die ou joe-hes-hof-hey is. Vir die Iraqis, verseker seks en karbomme bou. Heavy faktap. Vir die Griek, seks en… well, wat ookal die anner ding is, dis nie seep nie.

Maar vir die Afrikaner? Fokken tipies is daar net een keuse, mense. Seks en kos.

En net so het die bits ‘n pieces wat gebruik word in katelstoei, ook verskillende name gaan staan en kry wat die boer se twee favourites netjies en pragmaties saam bring. Seker maar die dat mens altyd as kind wonner hoekom de fok jy oats kry vir brêkvis as al waaroor die grootmense praat wors en eiers is?

En in any case figure ek dat net fokken Japs en anner vêr-oosterse ryskenners hou van kat eet. Marie-Antoinette het mos getune van eet koek, en wie de fok is ek om te stry?

Dan is daar koeksisters, melkterte, gewone terte, koeke, roompoffertjies en so aan om almal se verskillende fancies te verduidelik?

Ja, smaak my peester en pens is al wat waarde dra as jy ‘n Afrikaner is. En een is gewoonlik groter as die anner ook.

Dank God ek is ‘n maargat, so niemand hoef te wonner nie.

Vir die wat nog lees, ‘n mooi 2009 vir julle vol headboard polish en tone raak!

Groetnis,

Bert.