Sit ek vanoggend en dink oor hoe vêr suid die hele fokken wêreld gaan staan en bliksem het met sy alle ewige politiek en kakstook. Kyk, ‘n fokken ding is mos nie net meer wat dit was nie, en goed genoeg is net nie meer net dit nie. Alles moet mos met een of ander makeover bestraf word. 16 Desember was altyd oor hoe mense gebid het en toe deur ‘n hoër mag gehelp is. Omdat hulle dankbaar was, het hulle besluit om die dag te heilig. Simple as that. Maar nie meer nie, my skapies. Nou word alles weer met politiek gebliksem en die verbond tussen mens en God word vervang met praatjies van versoening, wyle mense in hulle huise vermoor word en die rand stadig verder in sy moer in gly. Heavy tos.
Maar so verander dinge seker. Ek onthou toe ek nog ‘n jonger lat was, het my pa partykeer vir die boemie by die robot ‘n twee rand noot geslip om sy liquid diet te sponsor. Maar nou is daar ‘n fokken sick, lame and lazy op elke bliksemse straathoek en as jy vir een moet gee, dan moet jy mos tot regte vir almal uitdeel? En hoe dan? ‘n Tweede huisverband uitneem? Pretoria lyk in any case al klaar soos Harare Extension 2, en ek figure as ek Afrikaans wil praat moet ek iemand in Australië bêl.
Maar sien, dis nou ons social responsibility. Nie dat daar enige iets soos fokken government resposibility is nie, mind you. Die oues en gestremdes kry fokol, terwyl ministers gaan rondjol op die belastingbetaler se omkoste. Maar daaroor kan mens ook nie te veel dwaal nie. Want dis nie proper nie. En dis nie PC nie. En dit vereis dat mens moet besin. En daarin lê die sonde.
Mens is mos maar ‘n tropdier. Gaan saam met die flow in die rigting van die maklikste en rustigste selfvervulling. In ons eie selfsugtige besitlikheid jaag ons agter dinge aan wat veronderstel is om ons gelukkig te maak. Selfs al is dit net vir ‘n kort rukkie, of miskien al maak dit net ons gewetes vir ‘n klein bietjie stil. Van daar vandag se storie. Ek weet dis nie ‘n nuwe een nie, en was al honderde kere oorgeskryf, maar dit bly ‘n diamant in die gruishoop van rebellie.
Verset – is daar ‘n mooier woord?
Groetnis, en geniet die storie.
Bert.
Die keiser se klere
Soos opgefok deur Bert Combrink
“O ja, kyk net, u hoogheid!” Die kleremaker kom nader gestap met sy vingers punterig geknyp na onder, sy arms wyd gespry. “U nuwe hemp! Gespin uit suiwer rassediskriminasie, die snit klassieke nuwe Suid Afrikaans.”
Die keiser knip nie eers ‘n oog terwyl hy fuss en fidget oor die onsigbare klerasie nie. Teen die tyd maak hy al so uit van die hele storie van maak of hy dinge sien dat hy homself begin verbeel dat hy tog die kraag van die hemp kan sien. “Is daai dieskadu van ‘n baadjie op die klererak” wonder hy en draai sy kop om die funky patrone beter te nodge.
“En dit? Daai baadjie is mos ‘n meesterstuk van julle kuns!” Die twee skelm kleremakers draai verbaas hulle koppe in die rigting wat die ou man kyk. Die hoof ontwerper briek-briek eers voor hy met ‘n bewerige hand in die algemene rigting begin beduie. “Erm, ja… verseker… dit is… uhm…” Hy sluk hard en kyk na sy tjommie, wat hom moet uitbail. “Dít, u hoogheid” tune die ander een met meer handbewegings as ‘n dronk spietkop, “dít is ‘n kort-omkeer bo-oor onderbaadjie, gesny uit die fynste kleedstof uit die ou republiek. Dit is egte apartheid-skande, omgevoer met voorheen benadeelde nalatenis.”
“Werklik uniek” mompel die keiser en skud sy kop. “Fokken once!” antwoord die skurk saggies terwyl hy na sy pêl se kakstorie luister. Die keiser streel met sy hand oor die leë hanger. Sy gewete pla hom nie eers meer so vreeslik vandat die twee kleremakers hom beduie het dat die verskriklike prys van die pak klere net fair is, want wat betaal mesn nou eintlik vir waarheid?
“Is nog steeds fokken duur” het een van die ministers gesê. Die comment was nie so gewild as wat hy gehoop het dit sal wees nie, en dis amper seker dat hy dit sou terugtrek as sy kop nog aan sy ou skouertjies vas was. Die keiser was nie bekend as ‘n man wat kritiek so vreeslik goed hanteer het nie. Van daar het niemand fokol gesê oor staats-budgets, of dat die land se onderwysers nie gaan pay kry vir drie maande as gevolg van die grootbaas se nuwe safari suit nie.
“Ek sal graag ‘n broek en lendekleed uit dieselfde stof wil hê” vra die keiser gretig, en die twee kleremakers glimlag toelatend.
“Ons kan dit reël, u hoogheid, maar ons het iets selfs meer spesiaal gebêre as ‘n verrassing.” Die kort kleremakertjie vryf sy vet voorpote saam. “Iets monumenteel om u wonderlike manlike figuur beter te vlei.” Hy kyk na die ander boef, wat sonder om eers asem te haal oorvat en verder beduie. “Ja, u hoogheid” vertel die skraal een in sy skril stemmetjie. “Dis dalk ‘n afwyking van die oorspronklike ontwerp, en miskien ‘n effe duurder, maar verdien u dit nie na al die jare wat u gewone ou klere moes dra nie?”
Net so ruk hy die groot hangkas voor hom oop en swaai sy arms na die leë binnekant. “Ta-da!” roep hy en die keiser se oë rek. “Wat noem jy die… die…” hy sukkel om woorde te vind en sy verbeelding werk oortyd om hom te oortuig dat daar so iets soos ‘n mooi onderbroek is en dat hy nou daarna kyk.
“U majesteit, daar is nie woorde om so iets regverdig te benoem nie.” Hy sak sy kop dramaties voor hy diep asemhaal en aangaan. “Maar in ons beskeie verwysing het ons besluit om dit ‘n goddelike g-string te noem, geskep uit die beste resultate van regstellende aksie. Afgerond met ‘n langbroek geweef uit die morele draadwerk van u eie korrupsievrye kabinet!” Die korter een van die paar hop al op en af van opwinding en die keiser klap sy hande terdeë saam.
“O ja, o ja! Bravo! Perfek!” Hy skud sy kop met soveel passie dat sy pruik oor sy oë val en sy uitsig oor die fokol in die hangkas belemmer. “Puik! Ideaal! Geen prys is te hoog vir so ‘n unieke en onbeskryfbare artikel nie!” Die eerste kleremaker tel die draad van die storie op en dik dit bietjie aan. “Nee, u majesteit. Nie net ‘n pak klere nie, maar definitief geskiedenis in die wording!” Die keiser se oë verstar en beelde van grootheid speel voor sy gees af.
“Nou ja toe, kêrels!” Hy draai na albei kleremakers en lê sy hande met dankbaarheid op hulle skouers. “Help my aantrek sodat ek my volk kan gaan wys hoe gelukkig hulle is om so ‘n mooi en goeie en slim en welbedeelde keiser te hê!” Die twee sak hulle koppe saam en die een preuwel ’n vinnige “amen” om sy skelm laggie te versteek.
Voor sy mense gaan pryk die keiser toe met sy vet pens en hangboude. Al kaalgat mars hy deur die strate van sy hoofstad en word daar bly verkondig hoe goed en wonderlik die ou man is. Die skare het eers gestaar, toe skugter gehoes en geproes. Nie een wou hardop erken dat hulle nie die klere kon sien nie. Daar was mos nou al tot verveelens toe verduidelik in al wat ‘n koerant, tv kanaal en magazine is dat net die agterlike, platkop damduiker massas nie die wonder tux kan nodge nie. En so staan en swaai die ou man sy pens en package in Kerkstraat af, terwyl die skare nie weet of hulle moet lag of huil nie.
Almal staan en wag dat ‘n laitie skree “Kyk pa! Kyk die kaalgat oomie met die moerse boep!”
Maar niemand sê fokol nie, en die kaal keiser stap aan van lamppaal tot lamppaal, waar koerante hulle stories van moord, roof en bloed uitspel aan ‘n dowe, blinde nasie.
Die einde (of eerder die begin daarvan).
Onlangse kommentare