by

tuingereedskap

April 2, 2014 in Uncategorized

My ma was die tuinmaker en ek die handlanger. Elke keer as sy n kaal stuk grond vir n toekomstige huis koop , is n verskeidenheid vrugtebome geplant.

Dit was my taak om hulle so twee maal n week almal deeglik nat te gooi. Eers n dam om elke boom maak sodat ten minste 20 liter stadig kon insyfer. Destyds was die waarskynlikste emmers twee 5 gelling blik marteltuie wat rem aan n 6/8 jarige se arms. Natuurlik tot bo gevul om loop te spaar. Die oorslop op kaal beentjies in die winter het skurftes veroorsaak wat ma dan saans moes regdokter.

Fast forward so 65 jaar en deesdae is dit ek en n elektriese grassnyer. Met n nuwe swaailem wat klippe en bene teen die geroesde raamwerk slinger moet die ding kort kort op sy sy gaan lê sodat die ouman met n hamer staal weer kringvorming kan moer sodat die aaklige staal op staal rumoer kan bedaar.

Te lui is om grasmasjien te stoot en deurgesnyde elektriese koord reg te maak, swaai ek n stuk nylonkoord na die bossies.  Die bossies baklei terug en kort kort moet die nylonkoord vervang word. n Delikate joppie.

Agter in my tuin staan n pragtige ry immergroen bome uit Australie”. (As mens die specie tem,maak dit n ondeurdingbare heining, ,1.5 meter dik en 3 meter hoog.) My knape is jare gelede vrye teuels gegee en nou is hulle propperse bome, 10 meter hoog.Elke tien jaar of wat moet laatlam beur teen n tou sodat ek met n handsaag takke kan afsaag wat dreig om my kothuis se grasdak af te torring.

En dan is daar n pragtige rankplant met pers blomme wat grys beton mure bedek en ander bome doodsmoor.Ook n geliefde suurlemoen. Die rankers het gewen. Elke nou en dan veg ek en n snoeisker halfhartig sodat looppaadjies oopbly.

Ek geniet hierdie natuurtuin. Die honde ook.

6 antwoorde op tuingereedskap

  1. So jy het jou ma se liefde vir tuinmaak geërf. Manlief haat tuinmaak juis vanweë al die Saterdae wat hy as kind in die tuin moes werk

  2. tina10 het gesê op April 2, 2014

    Ek hou ook van so natuurtuin en is ‘n sterk tuindiens ondersteuner

  3. perdebytjie het gesê op April 2, 2014

    Dis hoe ‘n tuin moet lyk.

  4. Dirkie het gesê op April 3, 2014

    Ek het eendag gekerm by my geliefde om tog groentebedding vir my te spit.. ek’s toe al vuurwarm gesoebat en verklaar so vol bravade ‘as ek geweet het hoe sou ek my eie (***%%!} bedding gespit het!” met die staan hy op en vertel ewe rustig ‘kom , kom ek gaan wys jou gou hoe om te spit dan kan jy gou-gou die bedding maak!” ek moet darem byvoeg na daardie woorde – ons is darem nog getroud..

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.