Jy blaai in die argief vir 2014 April.

by Bruggie

Beter ?

April 30, 2014 in Uncategorized

Die rykste 1000 ouens ter wêreld  gebruik glo hul berge geld om ooral polities koning te kraai.  Hulle bevark boonop die omgewing roekeloos. Glo.

Hier by ons staan die rykes en belange groepe tou om groot geld in die ANC se verskiesingspoging te belê. Hulle weet dis geld mors om selfs die DA te ondersteun  want selfs die DA se mag om tenders uit te deel of beleid te bepaal, is skraal, behalwe in die Weskaap. Knip die skakel tussen ryk donateurs en politici en amptenare wat diense namens ons almal moet koop.

As jy die heel rykes wil aanvat moet jy geld se mag uitskakel. Hoe ?

Wissel elke tien jaar van regerende party, landwyd, grondwetlik.Die regerende party tree uit. Punt. Voorkom dat die rykes en hul huurlinge net voortgaan onder n nuwe naam. Hoe ?

Identifiseer  vyf sterk en uiteenlopende  partye . Slegs hulle kry media dekking en  staatsgeld om hul kandidate en beleide bekend te stel , streng volgens onpopulistiese reëls. Gee die wat beskaaf duisende klein debatte reël meer geld. Beloon die kandidate wat beskaafd en ingelig koerant artikels skryf of in vaktydskrifte hul saak debatteeer. Beboet partye en kandidate wat betoog , toi toi, doodskree, en vlagswaai by massavergaderings. Vereis dat geen anonieme ad hominum kommentaar gelewer mag word nie en dat kommentators hul steun aan een van die vyf partye moet verklaar . Partye moet ondersteuners wat oortree  skors en stil maak.   Verban volhardende popuplistiese party uiteindelik, en vervang hulle met redeliker, versigtiger denkers uit dieslefde sfeer.  Stem vee vergader namens godsdiensdwepers of stamhoofde ? Verbied dit.

Die polisie,weermag , regsbank,en sekerheidsdienste (CIA ekwivalente) sweer trou aan n grondwetkomitee en is onafhanklik. Beskerm whisleblowers. Dring aan op absolute deursigtigheid met die toeken van tenders.

Belas die superrykes swaar . Werk internasionaal saam sodat hul versteekte geld uitgesnuffel en belas word.

n Linkser party sal afwisselend vir tienjaar regeer. Hulle moet ook grondwetlik aan bande gelê word anders swaai die pendulum te woes.

Beter ? Ek skat so.

 

 

by Bruggie

Spinnekop(wyfie)

April 28, 2014 in Uncategorized

(moet n mens by weet, want die mannetjies se rol is jammerlik.)

Lieflike dag hier in die Kaap. Ook vir n pragtige , groot spinnekop. Rustig sit sy en prooi afwag in die middel van haar web. Ek pla eenkant met n stokkie. Rats beweeg sy om ondersoek in te stel. Lang pote gryp en los ankerdrade. Elke poot se punt n delikate gryper.

Iewers op aarde verfilm iemand die natuur met geduld en duur toerusting. Plaas dit dan op die net, waar iemand anders n kind kan leer.

Gat in die botter geval, die moderne mens.

 

by Bruggie

Nigel

April 9, 2014 in Uncategorized

Destyds moes eerstejaars inkomende oproepe by die koshuis se tiekieboks opvang en dan die gang af gil . n Groot steurnis  vir die wat stilte verlang.

My twee bure op die verste uithoek, derde verdieping ver, was Nigel B, baie gewild onder die dames en die onvanger van menige  oproepe.

Tot die ergernis van my ander buurman, n sesde jaar, gay tokkelok.

Toe n eerstejaar weer aanhoudende skree “Niiiii…….gel ! bars die tokkelok se deur oop en hy skree terug. “Nee !!……… Ongelukkig nie !”

Die selfde Nigel moes Saterdagoggende papsakke aan die verlaafdes verkoop. Een tandlose vrou het in ruil vir haar papsak n offer gemaak wat die aantreklike stud met min verlies van die hand kon wys.

“Ek’t nie geld nie, maar hoe lyk dit met n stukkie p..s. “

by Bruggie

tuingereedskap

April 2, 2014 in Uncategorized

My ma was die tuinmaker en ek die handlanger. Elke keer as sy n kaal stuk grond vir n toekomstige huis koop , is n verskeidenheid vrugtebome geplant.

Dit was my taak om hulle so twee maal n week almal deeglik nat te gooi. Eers n dam om elke boom maak sodat ten minste 20 liter stadig kon insyfer. Destyds was die waarskynlikste emmers twee 5 gelling blik marteltuie wat rem aan n 6/8 jarige se arms. Natuurlik tot bo gevul om loop te spaar. Die oorslop op kaal beentjies in die winter het skurftes veroorsaak wat ma dan saans moes regdokter.

Fast forward so 65 jaar en deesdae is dit ek en n elektriese grassnyer. Met n nuwe swaailem wat klippe en bene teen die geroesde raamwerk slinger moet die ding kort kort op sy sy gaan lê sodat die ouman met n hamer staal weer kringvorming kan moer sodat die aaklige staal op staal rumoer kan bedaar.

Te lui is om grasmasjien te stoot en deurgesnyde elektriese koord reg te maak, swaai ek n stuk nylonkoord na die bossies.  Die bossies baklei terug en kort kort moet die nylonkoord vervang word. n Delikate joppie.

Agter in my tuin staan n pragtige ry immergroen bome uit Australie”. (As mens die specie tem,maak dit n ondeurdingbare heining, ,1.5 meter dik en 3 meter hoog.) My knape is jare gelede vrye teuels gegee en nou is hulle propperse bome, 10 meter hoog.Elke tien jaar of wat moet laatlam beur teen n tou sodat ek met n handsaag takke kan afsaag wat dreig om my kothuis se grasdak af te torring.

En dan is daar n pragtige rankplant met pers blomme wat grys beton mure bedek en ander bome doodsmoor.Ook n geliefde suurlemoen. Die rankers het gewen. Elke nou en dan veg ek en n snoeisker halfhartig sodat looppaadjies oopbly.

Ek geniet hierdie natuurtuin. Die honde ook.