‘n Kolos Sterf
Februarie 19, 2014 in Uncategorized
n Kolos sterf.
Siyajabula is n reuse plakkerskamp skaars twintig kilometre noord van Durban. Dis waar Mdubuleni Mvubu op sterwe lê. Die trotse leier van sy gemeenskap ,ge-ag ook deur die regering van Mandela en FW de Klerk. n Leier van die armes . Bekend vir sy regverdigheid en sy omsien na getroue volgelinge. Bekend veral vir sy vinnige optrede en genadelose straf van vyande.
Mdubuleni was n gevestigde sakeman toe die hewige stryd tussen Inkatha en die Comrades na ’76 opvlam . Hy tree vining op om skuiling aan n groep vlugtelinge te bied.Laat hulle plak op n oop stuk grond . Ry water aan. Bring orde. Verskaf beskerming sodat die plakkers winkeltjies en shebeens op die been kry en aan hom n heffing betaal.
Nuwe aankomelinge in Siyajabula is welkom mits hulle nutraal staan in die stryd tussen Inkatha en die UDF tensy hulle namens hom en op sy bevel as gehuurde vegters kon optree. Onder hom word die plakkerskamp n bepalende faktor wat huursoldate verskaf. Sy vegters haat niemand nie. Hulle veg namens hom om den brode.
Hy bly op voetsoolvlak betrokke. Straf mans wat hul vroue verneuk. Gryp jong latte wat meisies swanger laat en verantwoordelikheid probeer ontduik.
Hy help vier uitstaande vertouelinge om elders die Siyajabula resep te herhaal en vegtergemeenskappe te stig wat teen betaling te huur is en geen ideologie aanhang nie.
Voor elke geveg vergader sy krygers om n reuse pot en drink medisyne. Heel laaste skep hy met die skedel uit die bodem van die pot en drink saam op die missie.
Daar word vertel hoe MVubu in sy tuin sit en eet . n Jong man word binne gesleep, glo n verraaier.
Hy pleit vir sy lewe. “Ek is onskuldig , Baba” huil die jong man. Die trane vloei.
Dis warm. Mvubu sweet, geklee in slegs n kort broek. Hy begluur die jong man.
“ Kan jy nie sien ek kry warm nie. Waarom pla jy my nou met jou spoeg op my kos ?”
Mvubu steek die jong man twee drie keer in die oog met sy vurk. Dood.
“Sleep hom weg”, mompel Mvubu nadat hy met dieselfde vurk kos in sy kies plaas .
Hierdie storie is oor die jare in die shebeens vertel.
In 1986 daag n gesin sy gesag uit. Hulle weier dat hul seun as vegter opgelei word en weier om heffing te betaal. Hulle word na sy hoofkwartier gesleep en beveel om sake reg te stel. Hulle verkry n hofbevel wat Mvubu verbied om hulle lastig te val. Binne ure word hulle huis verwoes , en hulle verdwyn. Sommer so.
En nou lê Mvubu op sterwe.
“ Ek sterf met n skoon gewete. Eerwaarde Tembe moet my seën en die goue poorte van die hemel vir my open.”
Die veldheer lê op sterwe en die mense is bekommerd.
Onlangse kommentare