Jy blaai in die argief vir 2014 Januarie.

by Bruggie

Slaat

Januarie 2, 2014 in Uncategorized

Tina se kinderslae debat laat my dink:

Niks kan in n vakume bespreek word nie. Feitlik alle bloggers besluit oor slaan of nie na oorweging van eie omstandighede. Frik is dankbaar mr. Pretorius se rottang het hom deur matriek gekry. Rosie vertel as ouma van n brokkie wat n vreemde stoof aanskakel en amper die huis afbrand.

Die ANC se skole is n warboel waar messtekery en bedwelmde leerders en dronk onderwysers die mas probeer opkom. Slaan sal sake verbeter sê sommige. Nee, slaan vererger die oerwoudtoestande.

Dink aan die snelveranderende omstandighede. Swartes verstedelik en stamkultuur verbrokkel. Duisende swart tieners word swanger in plakkersgemeenskappe. Min kos, doeke is duur, werkloos, verveeld, kinders siek.Duisende knak en slaan.

Moenie die roede spaar nie sê die bybel, geskryf vir patriagale nomade. Gooi weg die bybel ? Nee, want die kerke en gemeentes vervang die klein groepies van die verlede en red die enkeling uit die anomie van die moderne staat , woonbuurte van vreemdelinge en verbysterende verandering. Hou n oog op pastore wat sake vererger en net vir eie gewin daar is. Hoop die susters van die kerk staan saam.

Kyk weier waarom  desperate ouers hul kinders verniel.

 

 

by Bruggie

Dagga

Januarie 1, 2014 in Uncategorized

Dagga en Dop. Die een is wettig, die ander nie. Binnekort is dagga weier wettig in die VSA.

Vergeet maar van groot belastinginkomste uit dagga . Dop word swaar belas en die middelklas  stook nie self mampoer om die belasting te ontduik nie. Snobwaarde kleef aan dop. Dis enkelmalt whiskey , dis R200 n bottel rooiwyn. Brousels en dagga is vir die armes.

Die ryk kinders van die middelklas daag gesag uit deur dagga te score.Die Koos Kombuise se boodskap is: Ons is nou wel bevoorreg maar ons voel vir die armes. Solidariteit. Fok die Ore.

Die legendariese  dronklap, Charles Bukowsksi, se groot klagte teen dagga was die zolkoppe se vreedsame gegiggel. Nee,  dop liewer , manne,  en baklei lekker.

Deesdae is tabak verfoei as verslawend. Dagga is  glo minder verslawend maar net soos nikotien word die dwelm deur die longe gelewer. Dis onduidelik of dagga met  emfeseem en longkanker verbind kan word. Miskien kan die groot koekiebakkers soos Bakers dagga via die maag versprei. Wat van dagga saam met die hawermout en mieliepap ? Ag nee wat. Daar ontluister jy nou vir dagga toetentaal.

Destyds was die bekom van kondome n groot probleem vir jagse klonge. Deesdae is kondome gratis en Pieter Dirk Uys  rol hulle voor skoolkinders oor n babana af .  Weg is die hele mistiek en alure.

Dop word bevorder deur Groot Geld . Veral die gedrag van die jeug word  deur reklame manipuleer. Bendes floreer op dwelmgeld. Dagga skop te effentjies. Tik , Coke,Heroi”n, Mandrax is eitlik die geldmakers vir die harde manne.

Intussen maak dit sin om daggaverbruik te ontkriminaliseer en drankreklame te verbied. Vir elke Bukowski is daar  miljoene drankwrakke.Gee die feite.Neem weg die druk en laat die gewone mens self besluit.