by

Gilding the lily.

Januarie 31, 2014 in Uncategorized

Wat beteken dit ? Onnodig verfraai van iets moois ? Alewig sukkel om die hond se agterent te bedoilie ?

Dis my kwaal. Bv. Sonder tande ontdek ek bly dat as ek spinasie pap mikrogolf, Engelse komkommer rasper, n halwe blik backed beans, n stewige skep KOO beet en fyngekapte koue hoener alles met n Magic Wand verpulp, dan het ek n voedsame wye verskeidenheid , slukbare pappery wat ek dik oor n sny bruin brood kan smeer. Alles deeglik gesout en peper.

Maar nou word die lily gegild. Geen botter of marge op die brood nie. Systap  daarmee die gesonde vet debat. Nee, smeer die brood eers dik met Mrs. Balls.

Heel smaaklik.

Maar wat van die mikro organismes in die derms. Lyk my hulle het handdoek ingegooi. Ek vermoed Mrs Balls het die kameel se rug gebreek, want n dag later plons dieselfde skynbaar onverteerde rooigroen  pappery in die spoelbak.

Ek gaan nou eksperimenteer sonder Mev Balls. Tensy julle mooi vra, sal ek in groot detail verslag doen

 

27 antwoorde op Gilding the lily.

  1. Nee dankie, hou maar die verslag. Francois het lank gelede so ‘ n onsmaaklike verslag op Litnet se briewe geskryf.

  2. tina10 het gesê op Januarie 31, 2014

    mmmmmmmmm …dalk is die detail skrikwekkend …

    • Bruggie het gesê op Januarie 31, 2014

      Ek glo nie smart eetplekke gaan my dis aanbied nie, Tina. Voorkoms is alles, maar n tandlose moet kos in kry. @tina 10

  3. Godiva het gesê op Januarie 31, 2014

    Nou waar is jou valstande?
    Miesies balls is deesdae vrylik hier beskikbaar darem.

    • Bruggie het gesê op Januarie 31, 2014

      Valstande twee jaar gelede weggegooi @godiva

      • Godiva het gesê op Januarie 31, 2014

        Jy moet net se as die dames hier vir jou kan resepte uitwerk. Maak n lys van bestandele en ek doen dit met graagte vir jou.

        • Bruggie het gesê op Januarie 31, 2014

          Laat waai met voorstelle, Godiva. Onthou die kou. Grondboontjies is uit. @Godiva

          • Godiva het gesê op Januarie 31, 2014

            Wat eet jy nie? En waarvoor is jy lief? En hoe goed is jou skills in die kombuis, as ek bogenoemde weet kan ek begin dink.

            • Bruggie het gesê op Januarie 31, 2014

              Ek eet alles. Nie vol fiemies nie. My laatlam skep disse met sampioene en ryk , room souse en allerlei
              spesereie. Ek gooi mayo en mrs. Balls , te veel sout. Ek is bewus van die gevaar van suiker. Hap n teelepel appelkooskonfyt vir nagereg. Ek sal graag teen 80 minder as 100 kg weeg. Dertig jaar gelede was ek 85 kg. @ Godiva

              • Godiva het gesê op Februarie 1, 2014

                More Bruggie,

                nie jou antwoord aan my gesien nie nie, othou om die @ te gebruik voor die name. Ja die gewig is maar ‘n struggle nê, jy het al my empatie. Ek gaan bietjie dink oor die naweek en deur my respete boeke blaai. Teksture (sodat jy dit kan kou met redelike gemak en sonder om te stik is belangrik), maar jy moet ook probeer efee meer gebalanseerd eet as jy kan, en soute en suikers meer probeer uitsny. Dit is nooit te laat om gewig te verloor nie, so byt vas.

  4. Elly het gesê op Januarie 31, 2014

    Hoekom het jy jou valstande weggegooi? Ek hou heeltemal te veel van eet vir so ‘n besluit!

    • Elly het gesê op Januarie 31, 2014

      Ek bedoel, net oor estetiese redes? Lank gelede was daar mos vrouens wat hul tande vir ‘n tydperk op mekaar laat “vasplak” het, sodat hul net met strooitjies kon “eet”. Maar dit was slegs vir gewigsverlies. Wat ek dink ekstreem was.

    • Bruggie het gesê op Januarie 31, 2014

      Dit was dom, die weggooi, want na n ruk kou n mens jou tandvleis stomp en jy sukkel met uitspraak van s klanke @ Elly .Maar solank jou oog bly vonkel.

  5. al wat ek wil se^ as ek mag se^ : jy is unreal ! 🙂

  6. maryna het gesê op Februarie 1, 2014

    Hoe lekker lag ek nou vir die gesegde, gilding the lily, en kommentare. Waar is jou vrou, het sy weggeloop?

  7. Eish, Bruggie, jou kos klink afgryslik! 😉

  8. Ek kan jou belowe jy sal nie ‘n date kry sonder tande nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.