by

Te stigtelik ?

Januarie 24, 2014 in Uncategorized

Die blogs deesdae in vergelyking met die faaits van  jare gelede. Te stigtelik ?

Die onstigtelikes wat ek hier gekry het was Anha en Doom Donkie. Ou Francois Williams se woedes. Die golf vrou/prokureur. Die hatige ateiste, met hul grootste verwyt dat so en so tog nie met die opvoeding van kinders vertrou moet word nie. Eksi se gespartel teen die goddeloses. Voorheen was daar glo n vuilbek meubelverkoper wat later getoffiestalletjie het. Die dom en haar rooi boudjies.n Oom wat  “wetenskaplik” sekskennis verbreed het, en toe moes vlug.

Deesdae is dit ordentlik. Verslaande sout ?

30 antwoorde op Te stigtelik ?

  1. Ek mis mense soos ou Faansie wat so met min woorde die doen en late in sy nywerheid kon beskryf. Om een of ander rede lees ek moeilik aan lang epistels hier op die blog, dit word ‘n storie en ek verkies gesprek

  2. Ja, ek onthou ook al hierdie… ek het my maar uit gehou maar baie maal wonder ek hoe dit met hulle gaan en wat van hulle geword het. Ek mi oom Doom Donkie – wat ‘n oulike mens!

  3. Stem saam met jou. Destyds net voor die oorgang het ek juis geskryf dat ek die ou LitnetBlogs as geheel gaan mis.

  4. tina10 het gesê op Januarie 24, 2014

    Dis interessant dat jy ons as vaal en oninteressant afmaak … verslaande sout…sug…

    • Bruggie het gesê op Januarie 24, 2014

      Baie van die bloggers is alles behalwe vaal. Hulle skryf boeiend . Stem jy saam te versigtig om nie op tone te trap nie op die duur neig tot oorheersing van korrekte dames onderwerpe. Ek sê laat beskaafd oorheers maar tolereer ook die robuuste. Kan dun velle en trolle nie leef en laat leef nie ?

  5. Ek mis ‘n klomp vannie mense – die wat jy noem, en mense soos Liekie, en Murphy, en Verskriklik – en daai girl innie kaap wat vir wyn geskryf het, en sommer nog ‘n hele swetterjoel ander.

  6. O ja en Ystervark en nog langer terug vormpies…

  7. Groot gedeelte van daai mense wat jy daar noem is hier weg agv ‘n moerse gefight.

    As ons weer so moet fight sal @tina10 weer die enigste een wees wat oorbly om te blog…

  8. Godiva het gesê op Januarie 24, 2014

    Daar is heelwat meer..kom ons noem dit maar robuuste forums waar mense spesifiek kan heengaan om te baklei dat die hare waai oor politiek en godsdiens.

    Wat die res aanbetref, die is nie ‘n kinderkranskamp nie, ek is nie hier om bekeer te word, en indien ek nie bekeer kan word aan die onvang kant te wees van oud testamentiese hellfire & brimstone nie.

    Al stem ek nie noodwendig saam met wat ander mense glo of nie glo nie, is dit nie my of enige ander hier se taak om mense te boelie om ons oortuiginge aanteneem as hul eie nie. Baa blerrie humbug vir enigeen wat sy opvatings of mistastings under pain of death in ‘n ander see virtueele keelgat WIL afdwing.

  9. Ek stem saam met jou Rosie. My hart klop benoud as dit so ‘n lang opstel is. Korter en meer kragtig doen dit vir my!

  10. Ek mis verskriklik (erg!) vir Anha!!!! 🙁

  11. Ek stem nie saam dat ons te stigtelik is nie – trouens, hoekom moet mens alewig baklei? Wil jy daaroor faait, Bruggie? 🙂

  12. Twaksak het gesê op Januarie 24, 2014

    Mmmm. Ons kort bietjie speserye.

  13. vega het gesê op Januarie 25, 2014

    Ja dit was exciting tye. Gelukkig neem die blogs nou nie meer so baie tyd om te lees nie.

  14. Ek mis vir Neander die meeste!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.