by

Is daar hoop ?

Januarie 21, 2014 in Uncategorized

Seker n biljoen mense se lewens is erg ontwrig deur godsiensgeweld, van die Philipyne, Cambodja, Shri Lanka, Pakistan, Afganistan, Iran , Irak, Syrie”, Egipte , die hele Afrika noord van die ekwator.

Mense wat in Moskees , Sinagoges en Kerke opgesweep word. Heilige boeke wat selfmoordbommers 72 maagde beloof.  Jode wat in hul boek lees dat dat hulle uitverkore is en dat dit Godswil is dat hulle Palestyne moet verjaag.

Ooral in Sub-Sahara Afrika moet soldate van elders plaaslikes probeer ontwapen om slagting te verminder. Bang vroue en kinders kruip in die oerwoud weg. Hongersnood heers want boerderye staan verwaarloos.

Politici buit godsdiensverskille uit .

Ek moet veg teen die drang om godsdiens te verwens want dis wensdenkery dat godsdiens oornag gaan verdwyn. Ek besef dat slegs gelowiges hul gelowe kan moderniseer en n verskil kan maak.

Hopelik beny hierdie geteisterde gelowiges die voorspoed en vrede van die sekulêre wêreld en temper hul godsdienstigheid . Opponeer tog die opswepers driftig.

Ek verpes mense wat met godsdiens spot . Miskien is dit malligheid om te bid en geborge te voel, maar dis skadeloos. Praat gerus met n liefdevolle, onsigbare vader , al bestaan hy nie. Veel beter as om te glo dat jou god wil hê jy moet vyande uit delg.

 

 

 

 

10 antwoorde op Is daar hoop ?

  1. Mense gebruik geloof vir hulle eie persoonlike gewin. Dit “suck” soos die tieners sê. Daar is nog baie goeie mense in die wêreld. Ons is net geneig om gebombardeer te word met die slegte.

  2. Eish – al die stryd is van waar ek staan so onnodig – gaan oor letterlik niks.

  3. tina10 het gesê op Januarie 21, 2014

    Dis soos @losbek sê – mense word arrogant en dink hulle is alleen reg – soms is daar meer as een waarheid.

  4. Gosdiens is ‘n handige wapen om mag te misbruik en beheer oor mense uit te oefen.

  5. alleman het gesê op Januarie 22, 2014

    Hello Bruggie

    Ek is ‘n ateis, maar ek glo nie hierdie stories nie.

    Die werklikheid is dat seker elke konflik gaan ten diepste oor werklike sake soos grondbesit en historiese onreg. Seker geen konflik word deur godsdiens veroorsaak nie.

    Dis nie verbasend dat die sogenaamde radikale ateiste – diegene wat godsdiens aktief beveg – almal Brits of Amerikaans is nie. Hierdie Anglo-ateiste wil mense laat glo dat konflikte oor godsdiens gaan, want hulle wil kolonialisme se bose rol uit die geskiedenis wegvee.
    Dis ongelooflik hoe suksesvol hulle daarmee is.

    Maar die meeste konflikte is gevolge van kolonialisme en die Koue Oorlog.

    Byvoorbeeld die Palestyne veg nie omdat hulle Moslems is nie, maar omdat hulle land aan die Jode in die diaspora gegee is in ‘n daad van Britse kolonialisme in 1917. Hulle land is met geweld afgeneem, maar die Anglo-ateiste laat dit klink of hulle veg omdat hulle moeilike Moslems is wat nie met die Jode oor die weg wil kom nie!

    Ook die Jode se geweld teen die Palestyne gaan nie regtig oor “Godswil” nie – dis die geweld wat settelaars moet uitdeel om die ontheemde mense wie se grond hulle gevat het, onder hulle beheer te hou.

    Die geweld in Noord Ierland was nie regtig omdat sommiges Katolieke, en ander Protestante is nie, en die twee sektes mekaar kastig nie kan verdra nie; dis weereens ‘n konflik tussen Britse settelaars (wat hulself Protestante noem), en die oorspronklike (meesal Katolieke) Iere.

    • @alleman Interessante weergawe hierbo.Dit laat my baie dink.Ek dink egter alles is meer gekompliseerd….dis eeue se onreg,onderdrukking,grypsug magsug ens,wat natuurlik vergrype onder die dekmantel van godsdiens insluit.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.