by

Wors IK 150

Januarie 16, 2014 in Uncategorized

Die huurders se Wors se maat is dood en die ander een het saam met sy mies getrek.  Ek bly oor as Wors se hoof geselskap en getroue balgooier.

Dis eintlik met my kwynende IK n groot voorreg. Hierdie Wors het n IK van 150.

Kinderspeletjies vir Wors om moeiteloos die regte afleidings te maak. Kom  ou Boepens uit die stortkamer gestap met n swart swembroek aan, is dit tyd vir gatswaai en ore flap want binne minute gaan daar n bal gegooi word. As ou Boepens aan die vlak kant is, loon dit die moeite om die bal langs hom  te laat plons. So twee of drie keer tops, sal die ou die bal uitgooi maar hy raak gou verveeld. Diep kant moet jy kom so vyf minute gee tussen gooie.

Speletjie staan ernstig einde se kant toe as hy op die grasperk staan en droog waai. Lees sy liggaamstaal versigtig. Probeer om die hoek glip met die bal, maar Boepens is te uitgeslape en roep dreigend. Draal is nou al genade. Gaan sit langer as nodig vir n kamtige pissie. Gooi dan maar die bal vir oulaas neer. Luister beleefd na Boepens se bababrabbeltroosrympie  All Finished. Wees getroos  dat ou gegroefde klokslag weer met sy swembroek aan gaan verskyn.

Boepens sluit sy fiets . Koop inkopies. Ontsluit fiets. Pak inkopies in fietsak. Sal hy nie wragig weer sy fiets sluit nie !Ewe verbaas as die wiel vashaak . Ja nee.

Wors 150 . Boepens 10.

 

11 antwoorde op Wors IK 150

  1. Ja’k, so ‘n worsie kan sy mens na sy wil afrig. Maak van ons ware sirkus hansworse. Hans = met die hand grootgemaak.

  2. Ai, ek het nou lekker gelees – en gelag 🙂

  3. Lekker gelees!

  4. tina10 het gesê op Januarie 17, 2014

    Hehehehe… Ja jy kom wel duidelik tweede

  5. Twaksak het gesê op Januarie 18, 2014

    Die ou bal gooi die bal…

  6. Wors het duidelik die “obedience training” deel vannie kursus gedop!

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.