by

Dilemma ?

Januarie 14, 2014 in Uncategorized

Die Katolieke glo in n onfeilbare pous. Die nuwe ou trap op baie tone en vernuwe dramaties.

As die kardinale besef die man wat hulle verkies het, gaan te ver, kan hulle weer vergader en hom ontsetel ? Glo nie.

Of moet hulle hoop op n sluipmoord ? Hy is juis so onverskillig.

Hoe sien julle die vernuwende pous. Gaan hy die Kerk transformeer oor aborsie, kondome,gays, vroue regte, egskeiding, selibate priesters en nonne,versoening met ander Christelike kerke en met Islam ?

Ek kry die indruk 90% van Katolieke stem nie met hom saam nie, maar as onfeilbare woordvoerder en gesant van God plaas hy  hulle in n dilemma.

Ek dink sy volgelinge gaan nie bodder om hom te verstaan nie. Hulle gaan maar geduldig wag op sy natuurlike afsterwe en hul eie ding doen en dink oor al die moeilike kwessies . Soos hulle al eeu lank doen.

11 antwoorde op Dilemma ?

  1. Dit is nogal ‘n taai ene daardie. Hulle sal seker maar wag dat hy vanself afklok. Ek is nie so lekker op hoogte met die RK se bewegings nie.

  2. tina10 het gesê op Januarie 14, 2014

    Ek dink hy gaan maar rustig sy eie gang gaan want mense ondersteun net die kerk as dit hulle pas en hulle voordeel daaruit trek.

  3. vega het gesê op Januarie 14, 2014

    Onthou net nie alles wat die media van hom sê is waar nie.

  4. Miskien maak hy tog ‘n duik in ‘n paar verstokte siele se houdings.

    • Bruggie het gesê op Januarie 14, 2014

      Dis asof Beyers Naude destyds toegelaat was om die Koot Vosters stil te praat. Net in die RK is sulke klippe in die maag hanteerbaar.Eenmaal in vyf honderd jaar, Bytjie

  5. Dis ‘n ou organisasie daai – dink aan die Borgia pouse wat hulle teenstanders vergiftig het – so ek sou se dat die tradisie is dat as jy van ‘n ou wil ontslae raak – gee jy hom ‘n spesiale drankie – en siedaar – hy word siek,,,

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.