by

Tina

Januarie 8, 2014 in Uncategorized

weet jy dalk of n plaasskool so 20 km suid van Pietersburg nog bestaan ? Destyds het ons op laerskool kaalvoetrugby teen al die groot dorpe  (Nylstroom, Potties, Louis Trichardt, Naboomspruit) gespeel maar ons was die skrikkerigste vir die rowwe outjies van die plaasskool (op n proefplaas ,verbeel ek my.)

Danie vertel hoe jongetjies in Dubai ook rugby speel maar met boots aan! En dit op n pragtige stukkie groen gras (kuns?) Duidelik is die kinders nie gekonsulteer nie.Boots skaaf en trap seer. Kaalvoet is lekker.

Destyds teen die plaasskool was ons dorpsjapies meerderwaardig toe ons op n gestroopte mielieland moes speel. Op n kol was ons sneller op pad doellyn toe toe hy met sy kaal voete in n mynveld  dubbeltjies beland. “Eina, fok” (het ons so sterk gevloek ?) Bal in die lug gegooi . Gaan sit en dorings trek.

Tuisveld voordeel vir die rowwes.

11 antwoorde op Tina

  1. tina10 het gesê op Januarie 9, 2014

    Ek is seker jy praat van Laerskool Chris Hofmyer Ja die skooltjie bestaan nog maar die kultuur het verander. Dis naby Kuschke wat ‘n Landbou skool was/is.

  2. Bruggie, nee daardie is nie kunsgras nie. Regte, egte gras en hulle het spesiaal ´n kiwi ingevoer om die velde so pragtig instand te hou. Daardie kindertjies “tackle” ook nie. Hulle het weerskante so ´n langwerpige stuk lap, wat met klitsgras vasgesit word en dan moet dit net van die met die bal in sy hand afgetrek word. Dit geld dan as geduik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.