by

Perdebytjie

Januarie 4, 2014 in Uncategorized

skryf oor die wapens van diere , oor natuurwette , oorbevolking en die mens wat  slegs met  wapens in die natuur oorleef.

Sy kom nie by dierlike groepsgedrag uit nie. Leeutroppe met n territorium. Luiperds wat territorium afbaken. Die instintiewe doodmaak van indringers.

Nog n kenmerk van groepdiergedrag is hierargie. Die alfa mannetjie en die alfa wyfies en die gevegte tussen die manlikes van insek,  bok, perd, tot  bobbejaan.  Dikwels die rolle van manlikes wat verwek en vroulikes wat versorg.

Al hierdie eienskappe kry mens by die mens . Ons is diere.

Godsdiens is veronderstel om verdierliking teen te werk. Gee die swakkes n kans. Moenie groepe wat van jou  veskil wantrou nie. Wees liefdevol teenoor almal. Gevorderde godsdiens sê vrede op aarde.

Is dit werklik wat godsdiens doen ?

10 antwoorde op Perdebytjie

  1. Daardie vraag van jou is ‘n moeilike kwessie. Na dertig jaar saam met Manlief in die bediening het ek nou al alles gesien en beleef. Predikante kan die verskriklikste goed aanvang, mense van die kerk(en ek sluit myself in) veroordeel, haat en neem wraak. Eish, die mens kan ‘n nare spesie wees- godsdiens en al!

  2. “Is dit werklik wat godsdiens doen ?”

    Nee – dit bevorder net haat – as jy my nie glo nie – loop in ‘n protestante kroeg in Noord Ierland in en se:

    “Im a catholic and I’m proud of it you bunch of orangemen!”

    en kyk wat gebeur…

  3. Godsdiens, eerder georganiseerde godsdiens, is net bedoel ommense te onderdruk en te beroof. Die waarheid het lankal by hul deure uitgevlieg.

  4. Godsdiens gee riglyne van hoe mense moet leef,maar dis nie altyd regverdig nie,afhangend van wie dit predik en die motief daaragter.Byvoorbeeld leiers wat iewers besluit het vroue moet burkas dra,toegedek van kop tot tone,mans moet tulbande dra en lang baarde,dans is taboe,homofobie,vroue verban uit kerklike ampte,ens.Dis ‘n verfynde vorm van magsug en beheer onder ‘n baie edele dekmantel.
    Dis egter ironies dat moraliteit,dissipline,reels en alles wat help vir stabiliteit in ‘n groep,sonder godsdiens ook kan plaasvind.Dis ‘n direkte natuurlike manier van oorlewing..jy sorg vir die welvaart van die groep en die welvaart van die groep sorg weer vir die oorlewing van die individu.

  5. tina10 het gesê op Januarie 4, 2014

    Dit laat my ook altyd wonder.
    Ek is self ‘n Christen maar wonder of al die oorloë in die naam van godsdiens nie maar ‘n onbeskaafde magstryd is, waarby niemand wen nie. Soms skaam ek my (en ek sluit myself in) oor mense se optrede.

  6. Twaksak het gesê op Januarie 6, 2014

    Die mens is inderdaad dierbaar @benvanbruggen.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.