Jy blaai in die argief vir 2013 Desember.

by Bruggie

Geskenk ?

Desember 7, 2013 in Uncategorized

Op Hul Stukke is die boekie se titel, in 2005 saamgestel  deur jeanette ferreira. Vyf-en-dertig kort stukkies deur top Afrikaanse skrywers   oorspronklik geskryf vir koerante of tydskrifte. As hierdie boekie herdruk sou word en teen minder as R100 bemark kan word, is dit n gawe geskenk .

Soos altyd wek Dana Snyman n lag met n traan , hier met Kaptein Duiwel wat so begin :

Vyftig myl voor Pofadder ruk die Hillman Vogue n paar keer, proes n slag en vrek.

“Wat nou , my hartjie ?” vra Ouma. “Is dit die fênbelt ?”

Oupa stap tot in die middel van die pad, sy hemp natgesweet.

“As die son jou vandag hier alleen kry, brand hy jou dood”, sê hy en kyk met skrefiesoë. Daar is nie n kar in sig nie, net stilte en klippe en telefoonpale en tolbosse.

n Halfuur tik verby, later n uur. …. Toe redding- getou deur n lorrie. maar die drywer is dronk.

“Is die man van sy trollie af !”bulder Oupa. “Toet vir hom !” Dronke hoor nie. Later val Oupa weg met n Psalm: “Die duis-ter-nis ver-skrik, ons vree-hees nie..

Dwarsdeur Pofadder jaag die dronke. Pa lê op die toeter. Oupa hang half-lyf by die venster uit en roep:”Help ! Help!”

Einde raad breek Pa die sleeptou deur roekeloos te briek . Klein Dana  teen die voorruit gepleister,

Toe die stof gaan lê  verneem Ouma.” Is dit nie die fênbelt nie , my hartjie ?”

by Bruggie

Spoel, skraap of emmer

Desember 1, 2013 in Uncategorized

Spoel toilette is eerste wêreld .Te duur vir Afrika en die arm biljoene  wêreld-wyd.

Ooral aanvaar die armes dit gelate maar nie hier nie want 99.9% wittes het spoeltoilette. Hier vergelyk die armes  en rebelleer teen skraap en emmer.

Daarom vra n wit vrou op tv dat wittes wat gesindhede wil verbeter,hul spoel toilette prysgee en skraap toilette kies. Hiermee verdwyn die afguns gaping EN almal verwerk menslik afval tot kompos. Spaar geld en kweek spinasie.

Die TV wys hoe deftig die skraap toilette is. Daars twee bakke. Een vir die pis en een vir die kak. ( delikater gestel op tv.) Langs die kant is daar n hefboom waarmee die droë kak in die bak gekrap word.  n Pyp verdwyn deur die dak om die stank weg te lei.

Die dame is oortuig dat rassehaat en jaloesie sal veminder as die toiletgaping vernou, maar heelaas, die brug is te ver. Vyftig jaar gelede het ons opwaarts beweeg, skaam vir die longdrops. Geen kans dat ons welwillend ons derde wêreld landgenote skraap skraap tegemoet gaan kom nie.