by

Woorde

Desember 27, 2013 in Uncategorized

Ostrolop en Leghorn.  Soos Chev en Ford.  Jou hoener en jou kar.

My ouma was n Ostrolopvrou. Altyd so dertig pikswart henne gehad. Genoeg eiers en lekker groot en vet as slaghoenner. Een haan was genoeg en nodig vir die dertig. Kort kort sestien eiers afgestaan aan n broeis hen. As te veel nie uitbroei nie, word Haan geslag.

Die wit leghorns het glo beter gelê maar totentaal n verlies as n pothoener.

Kieeep, kiepkiep. Dan kloek hulle in n bonnel om ouma wat kos strooi. Miskien het julle ouma ge kiepkiepkiep.

Deesdae koop ons hoener in die supermark. Leghorn.

11 antwoorde op Woorde

  1. Ja, so het ons elkeen ons voorkeure en seker met goeie redes ook.

  2. My vriendin het hoenders- weet nie watter soort nie, maar hulle kan ook gou kom as sy begin kiep

  3. tina10 het gesê op Desember 27, 2013

    Hehehehe… lyk my jy ken jou hoenders!

  4. Dirkie het gesê op Desember 27, 2013

    Ag ek hou van hoenders. Maar vandat ons ds vertel het van die ou tannie wat hy in die hospitaal besoek het -wat nie meer helder was nie, en onder sy gebed haar hoenderkies begin kiep-kiep roep het – het ek onmiddellik my lank terug se hoenders met tongklik geroep- ingeval ek ook begin simpel raak en hoenders roep. My Ma-hulle het werfhoenders gehad Ostrolops.

  5. My ouma was mal oor haar hoenerkies en ek het haar liefde oorgeneem..vrek oor kapokkies!

  6. vega het gesê op Desember 27, 2013

    Ons het veerpootjies gehad. pragtige hoendertjies.

  7. Ons het sommer sulke basterhoenders gehad tot ons hulle opgeeet het

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.