by

Thuli +

Desember 27, 2013 in Uncategorized

Ek kyk vanaand op TV hoe onmense vegterhonde teel en dan wetenskappe neem oor die uitslag. My hond byt jou hond dood en ek maak n duisend rand en ons altwee geniet die spektakel. Dis teen dit wet , maar die euwel word nie uitgeroei nie.

Ek stel voor plaaslike ordentlikheid of beskaafdheid amptenare wat voorkomend  optree. Nie sukkel met duur skuldigbevinding in n kriminele saak nie. Eienaars van vegtershonde  is op parool. Elke maand moet hulle n gesonde, letselvrye hond vir die hondebeskermer kom wys of n moerse boete betaal.

9 antwoorde op Thuli +

  1. Ek persoonlik sal verkies dat lekker sous op hul totties gesmeer word en hull met vasgemaakte hande tussen die hinde ingegooi word.

  2. Soms haat ek die mensdom,as ek hoor van al die wreedhede!Dit maak my sommer siek!

  3. tina10 het gesê op Desember 28, 2013

    Ek het liewer die tv afgesit!

  4. Ek kan wreedheid teenoor diere glad nie hanteer nie. Ek moet hulle nie in die hande kry nie!

  5. Twaksak het gesê op Desember 28, 2013

    As julle nie die honde dit kan laat doen nie, gaan hulle hulle se kinders laat “cage fight”.
    Oukei. Hulle doen dit klaar. Mens noem dit “bulletjie rugny”…

  6. Kyk laaankal nie meer TV nie, is eerder oningelig as wanhopig ontsteld!

  7. My kop is seker te plat – ek kan nie sien wat lekker is aan sulke dieregevegte nie – cock fighting, dog fighting, bear-baiting, die hele spul is dinge wat mense sonder IKs lekker vind,

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.