by

Onvriendelik

Desember 26, 2013 in Uncategorized

Ek wil n spelfout regstel . Kliek op edit. Stel reg. Soek ooral na iets om te klik dat ek tevrede is en dat die reggestelde blog weer moet verskyn. Kliek op verskeie plekke met belofte. Al wat verskyn is die oorspronklike blerts. Pluk vinger, asb wordpress.

11 antwoorde op Onvriendelik

  1. Dis so frustrerend!Deesdae moet ek weer elke keer inlog om iewers kommentaar te lewer.

  2. *grin*

    Ons is mos Afrikaans hier – come hell or high water – so die knoppie wat jy soek se naampie is “bywerk”…

    En moenie die boodskapper skiet nie, seblief!

    • Bruggie het gesê op Desember 26, 2013

      Henry, die bywerk is maklik en duidelik, maar, verdomp, hoekom klou wordpress so aan die oorspronlike ten spyte van my beste pogings om die bygewerkte onder hulle aandag te bring @kompethenry

  3. Ai tog, dit is omtrent frustrerend! 🙁

  4. Dit werk nog altyd vir my. Die glips verander in my blog maar dit wat egter op die blog se voorblad verskyn bly waar hy is, die wil nooit verander nie

  5. Jis dis ‘n frustrasie. Dit het al met my ook gebeur en het my toe mooitjies die hele post gekos oordoen. Het lekker gal afgegaan by die kommentare. http://blogs.litnet.co.za/trakie/2012/12/01/is-dit-sowaar-al-desember/

    Ek moes nou weer ewe skielik sekere kommentare goedkeur, gelukkig slegs enkeles. Volgens my paneelbord is daar nog 2 kommentare in die tou wat gemodereer moet word, maar soos dit vir my lyk is dit my eie inskrywings met geen kommentaar wat ek veronderstel is om goed te keur in sig nie. Dat my eie posts nou al as pespos geïdentifiseer moet word!

  6. tina10 het gesê op Desember 26, 2013

    Eish Ek stem … Die goed irriteer my daagliks meer… Ek dink ons is net ‘n nagedagtenis

  7. Twaksak het gesê op Desember 26, 2013

    Klik-klik-klik-klik…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.