by

Eksi

Desember 26, 2013 in Uncategorized

plaas n kersfees stuk waar Sarah Brightman Pie Jesu preul.

Dankie, Eksi. Sy is pop mooi en die liedjie is mooi en ek is bly ek is ordinêr.

Sê nou maar ek was n ryk gladde Jan, dertig jaar oud en Sarah haak met my af.

Wat n ramp.

Sarah het miljoene aanhangers en bring vir hulle vreugde. Ek verkies my werklikheid. Dankie Eksi, vir die losstamp van hierdie gedagtes.

9 antwoorde op Eksi

  1. tina10 het gesê op Desember 26, 2013

    Hehehehe jy laat my lag
    Dalk moet jy Jackie Evancho probeer
    http://www.youtube.com/watch?v=mOfT67OR0Mo

  2. Ja Andrew L Weber vermoed ek, het sy maar net as ‘n stepping stone gebruik. Daar is ook ander Britse sangeres wat net so mooi is, maar haar stem kom nie vir my heeltemal by Sarah sin nie – Katherine Jenkins

  3. Hehe,ordiner is maar die beste..daardie hoge bome vang te veel wind!

  4. Heheh, maar mens kan maar droom en begeer!

  5. Skoonheid is in die oog van die beskouer . Daar is mense wat ook dink dat Barbara Streisand mooi is en nie net mooi kan sing nie ( ek is een van hulle ) . Maar Sarah is welgeskape . Katie Melua ook .

    Ek is bly ek kon darem iets in jou roer Ben , maar daai blogplasing was meer bedoel gewees om die woorde op ‘n ou bewaarde kerskaartjie in ‘n lessenaarlaai ten toon te stel en te beklemtoon dat ek dink dat Jesus trane stort ( pie Jesu : die trane van Jesus ) oor die onmenslike wyse waarop die kroon van Sy skepping met mekaar en met die omgewing interaksie het . Selfs Lennon en Joko het met hulle kersliedjie die boodskap probeer oordra . . .

    • Bruggie het gesê op Desember 27, 2013

      Eksi, ek gun Sarah haar poppieskoonheid maar toe sy op n kol terwille van die poppiebeeld haar mond rond hou en nalaat om die woorde (en die boodskap) uit te spreek, het ek besef haar prioriteite as sanger is skeef. Die Lennon stuk laat mens dink. Groete @exionperfexi

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.