by

Begaafde korrelkoppe

Desember 15, 2013 in Uncategorized

Ek luister stomgeslaan na n vrou van groot musiek talent wat oor die radio praat. Sy bied elke maand n drie uur program aan vroeg  Sondagoggend.  Stomgeslaan oor die kwaliteit van haar tussenpraatjie.  n Sinnetjie oor die Slag van Bloedrivier. Al die kernfeite oor die ontstaan van Geloftedag. Die verandering na Versoeningsdag 1994. Wip dan oor na verskeie beroemde mense wat 15 Desember gebore is.   Een van Henry 8 se vroue, Jane Austen, en, en,en. Sluit af met Beethoven sodat n bekende stuk van hom hulde kan bring aan sy geboortenaars.

Groot begaafde korrelkoppe . Steve Jobs,Eugene Marais,Antjie Krog,  Verwoerd, Tutu, Mandela.

Sout en peper korrelkoppe . Joan Hambidge, Piet Croucamp, Max du Preez, Dan Roodt, Dawie Roodt.

Blog korrelkoppe  –  legio.

Viva  korrelkoppe ?

 

 

14 antwoorde op Begaafde korrelkoppe

  1. Jaaa!

    Blessed are the troublemakers, for they that soweth the wind shall reap the whirlwind!

    Of so iets onvanpas…

    🙂

  2. maryna het gesê op Desember 15, 2013

    Wat op aarde soek Joan daar tussen Max en Ran Doodt? Verbysterend.

  3. Twaksak het gesê op Desember 15, 2013

    Viva!

  4. Ek weet elke blogspasie is beperk, maar jy’t vergeet van professor Christina Landman ( sy is een van vele individuele korrelkoppe wat gesorg het dat women’s liberation nie die goeie naam gekry het wat dit verdien nie )

    Die bloganalise sover : trolle , knolle en korrelkoppe ~ wat is volgende ?

  5. tina10 het gesê op Desember 15, 2013

    Sug… vreemde wêreld waarin ons leef…

  6. Korrelkoppe laat dinge gebeur!

  7. sou nogal na so program kon luister

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.