by

Leef en laat leef ?

Desember 9, 2013 in Uncategorized

Weg met alle onredelike, krenkende, diskrimenerende gebruike. So praat moderne mense mos. Ek ook.

Weg met apart sit van vroue en mans in sinagoges. Weg met die burkha. Weg met klitorektomie in Afrika.

Nee, sê die meer korrektes. Wees verdraagsaam. Univeriteite in die UK moet mans en vroue apart laat sit om Islam nie in die gesig  vat nie.

Wat dink julle van die Universiteite in Pole wat in 1937 bepaal  het Jode moet apart sit,( sodat die benepe professors hulle slegs met die nie-Jode kon bemoei.)

Hopelik word alle fundamentaliste uit eie geledere uitgelag en uitgewys. Soos daai jong meisie wat die Taliban bloednuis slaan omdat hulle haar in die kop geskiet het.

Ons verligtes moet oppas ons word nie voorskriftelik nie. Los dit vir die verstardes. Vertrou in gesonde verstand en lig wat vanself daal.

 

 

7 antwoorde op Leef en laat leef ?

  1. Ek stem teen die onderdrukking van vroue asook die neersien op ander rasse en nasies!

  2. tina10 het gesê op Desember 9, 2013

    Alles met ‘n te aan is te erg…

  3. Ek lees juis die meisie se verhaal: I am Malala.Dis skrikwekkend hoe vrouens daar geminag word.

  4. Laat my dink aan Maria Montessori wat die eerste vrou was wat medies geswot het. Laat 1800’s sy moes in die gang sit tydens lesings en as die mans klaar is met hulle disseksies op die lyke kon sy dan ingaan en dit doen, teen daai tyd was dit nag. So dinge het darem drasties in Europa gebeur , die ooste kom ook darem nou so stadigaan by.

  5. Niks verkeerd met bietjie voorskrifte nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.