Mag ek julle geduld weereens vra : plaasmoorde – wat is die feite en die oplossing ?
Onthou kontreiverskille. Karen (Brynard?) skryf oor die onmoontlikheid om n uitgestrekte skaapplaas te beveilig. Hier sal Twaksak se dorpies nie werk nie, want die boer se skape sal vinniger gesteel word met die oppasser snags in n dorpie .
In Israel bou die staat mure van beton 5 meter hoog sodat Jode beskerm kan word.Dit kos miljoene dollar maar is tog haalbaar want die Joodse nedersettings is kompak.Hier is dit gladnie n opsie nie, maar Steve sal aanhou aandring op Staatsbeskerming want die martelaarkaart is al wat hy het.
Om Tzaneen was daar klein wit plasies maar die swart bevolking was so dig en arm dat die oes gesteel is vir enkelaiastalletjies langs die pad. My ma moes haar plasie verkoop twintig jaar voor die ANC aan bewind gekom het. Groot -Vrugte- Kwekers kon staande bly met massiewe heinings en wagte.
Waar daar vroe”er met beeste op groot plase geboer was ,is daar nou wildplase vir toeriste. Groot plaas eienaars het ook met mense begin boer, waar die Boer 99% onderverhuur het aan landelike swart plakkers. Hierdie boere het verouder op plotjies vir hulself uitgehou , dus huurbase met huurgeld onder die matras soos Twaksak vermoed. Omring deur werklose armes is dit vra vir moeilikheid. Selfs die maplotters van destyds het verklein en is deesdae met swart huurders omring. Is hierdie maplotters is te arm om op die dorp huur te betaal of om in n oue tehuis opgeneem te word ?
Honderd jaar gelede was Afrikaners landbouers en veeboere. Deesdae is 90%verstedelik en kan privaat beveiliging bekostig. Feitlik die hele Volk woeker nou as entrepeneurs in die voorstede.
Steve praat van n homogene Volk wat uitgemoor staan te word. Daar is nie so n Volk nie. Ook nie n homogene groep wit landbouers of landgebruikers wat deur die Staat beveilig kan word nie. Die kommandostelsel se terugkeer is doodgebore want dit speel in Malema se hande en sal in n landelike bloedbad ontaard.
As Steve dit kan insien, kan die arm kwesbare Afrikaners deur hul taalgenote gehelp word om ook te verstedelik. Vir die wat op plotte wil bly, kry julle huurgeld met n pantserwa opsigtelik in die bank en koop beskerming by die plaaslike gangsta baas. Of gee die huur as n versoeningsgebaar prys en trek as n gesin R5000 per maand toelaag van die Staat, net soos jul swart bure. Vernou die afgunsgaping.
Afrikaners kan afskuwelike moorde verminder deur na die feite te kyk. Steve help nie. Inteendeel. (Dis sy se fout dat ek julle weereens hiermee moes verveel)
Onlangse kommentare