by

Kersfees

November 29, 2013 in Uncategorized

Elke kersfees sing my koor kersliedjies gekoppel aan Nine Lessons. Ter wille van die gemeenste is die oorbekende liedjies geen uitdaging nie. Inteendeel .

Die gemeente geniet en die geleentheid is feestelik. Ek sal aanhou sing omdat eenkant sit en Scrooge nie n opsie is nie. Skud maar elke jaar die kop oor die storiejies in die Nine Lessons.

Google gerus hoe die Russe meesal gefaal het om n alternatief tot die kerk vir die mense te bied. n Gevestigde ryk kerk het oor die eeue geleer wat die mense bekoor. Gooi geloof by ,en die instelling stoom onverstoorbaar voort..

8 antwoorde op Kersfees

  1. @benvanbruggen

    Ek weet glad nie of die kersliedere daarin lekkerder sing, makliker opvoerbaar of mooier is nie, maar is die mensgemaakte antitetiese parodie :
    http://en.wikipedia.org/wiki/Nine_Lessons_and_Carols_for_Godless_People

    meer aanvaarbaar ?

    • Bruggie het gesê op November 29, 2013

      Dankie vir die link, Eksi. Oor aanvaarbare liedjies- stemme gaan op teen die jingles in die winkels.
      Ek hou van die toonsetting van Drie outas het in die haai Karroo. @exionperfexi

  2. Iemand het so rukkie terug vertel dat sy in Rusland was en, in die dorpie wat sy besoek het, was omtrent al die mense gereelde kerkgangers

  3. vega het gesê op November 29, 2013

    Miskien is die mens gemaak met die behoefte om in iets groters en buite homself te glo. Anders sou daar nie geloof en godsdiens bestaan het nie. My opinie is, dat Iemand (van buite die mens) daardie behoefte daar ingebou het. Ek ken ‘n Rus, Alexander Zaichenko wat ekonomiese raadgewer in Gorbachev se parlement was, wat met geen toegang tot ‘n kerk, tot bekering gekom het, sy lewensverhaal is ongelooflik.

    • Bruggie het gesê op November 29, 2013

      Vega ek dink die moderne mens is so verbyster deur die onsaglike heelal en alledaagse probleme, dat hy berus in die sing van Kersliedjies en die Nine Lesson. @vega

  4. tina10 het gesê op November 29, 2013

    Het julle nou nie ‘n YouTube weergawe van julle koor nie. Sal graag wou luister.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.