by

Handicap

November 23, 2013 in Uncategorized

Voorgee is soms pret. Dis n uitdaging vir die vinnige ou om te wen as die vettetjie vorentoe wegspring. Met perdrenne is dit n instelling  anders wen die beste perd elke keer .

Nou kla ons oor BEE. Daar word verneuk. Daars genoeg slim , bekwame swartes .BEE is boonop onnodig .  As jou kleur of taalgroep of geloof vir vyftig jaar of meer aan bewind gaan bly,hoef jy nie kwotas in te stel nie. Sonder  wette suig jou groep eerste en langste aan alle staatspene. Selfs in die privaatsektor bevoordeel die politieke base sy mense  met kontrakte, lisensies en mynregte.

Alles waar.

Dis ook n feit dat miljoene swart stemmers dalk vir ewig gaan  swaarkry want die onderwys is swak en die agterstand groot. Ook n gegewe: Huigel politici wat kamptig sukkelstemmers wil ophef.

Wat troos ?

Die lewe is kort. (Dooies suffer nie)

As jy knap is en woeker , sal jy trots kan slaag ten spyte van.

Dus.  Moenie tyd mors deur teen die donnerweer te poep nie.Basta moan. Moenie jou folteraar beloon nie.

 

 

 

 

 

 

11 antwoorde op Handicap

  1. in een van die amptelike tale : ” you can’t keep a good man down “

  2. net soms is dit die mense wat die minste rede het om te kla wat jy die hardste hoor kerm

  3. Ja wat, ons volg maar liewer vir Andy Capp……..

  4. Jip, ek stem saam… hoewel ek somtyds ook tog maar moedeloos word!

  5. Jy is altyd so positief en ek waardeer dit.Mor en kla gaan niks verander nie.

  6. lora2me het gesê op November 25, 2013

    Ons moet uit ons gemaksone kom en weer aan die werk spring, want dit is al voorheen gedoen. Ek dink BEE gaan sy uitvinders nog pootjie, want later wil niemand meer iets doen nie en almal iets verniet hê. Solank mense wat hardwerkend is nie nou gaan moed opgee en in slegte gewoontes verval omdat hulle dink daar is nie ‘n toekoms nie. Die groot massas werklose mense gaan ook nie meer vir ewig stilbly nie, want hulle is moeg om soos “mushrooms” net nonsens op te vreet en dom in die donker gehou te word a.g.v. swak onderwys.

    • Bruggie het gesê op November 25, 2013

      Lora, kom ons hoop 6 uit tien van die middelklas swartes wat verder by BEE gaan baat , gaan groei en
      vir die land iets beteken. Dom armes gaan oorleef met die toelaes maar afhanklik bly.
      Daar is ruimte vir wakker wittes om self te sorg. @lora2me

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.