by

Turksvy

November 20, 2013 in Uncategorized

Tronke . Goed of sleg ?Doeltreffend ? Afskikmiddel ?

Afskrikmiddel , ja vir dronkes wat nie die nag met pappa wil deurbring nie . Ook vir ryk boef sakemanne wat eerder n moerse boete sal betaal. Nee vir die res.

Eerder n uitkoms vir die werklose grypdief, die geestelik versteurdes, die siekes.

In die VSA besit groot private ondernemings 80% (?) van die tronke en konkel vir langer tronkstraf sodat hulle vol kan bly en meer wins toon.

Tronke is duur. Gebruik liewer die geld om misdaad te voorkom. Befonds gesonde groepsdruk. (Sport, kore, werkswinkels, en ja, verdomp, kerkpret.) Befonds wortel eerder as lat.

Wees minder besorg oor reg op privaatheid. Gebruik die onuitputlike digitale wolk om almal se (wan)gedrag op rekord te plaas, soos wanbetalers alreeds op swartlyste verskyn. Dis nou vir jou n effektiewe afskrikmiddel. En goedkoop.

 

 

15 antwoorde op Turksvy

  1. Crime does pay . At least 14 % VAT on all stolen items to be replaced … Permanente verwydering van kriminele uit die gemeenskap, is al blywende oplossing . Wat van ons deporteer al ons misdadigers maar net eenmalig en summier Australie toe , of dit , soos apartheid en materiele hebsug , ‘n te Britse ding om te doen vir onse Boere ?

  2. lora2me het gesê op November 20, 2013

    Jy raak hier ‘n belangrike saak aan. Dis ‘n morele kwessie. As almal leer dat alles nie noodwendig in die algemene delerspoel gaan nie, is kommunisme en sosialisme ook sommer dood. Wat my grief, is dat ‘n misdadiger van die duurste universiteitskursusse op ons onkoste kan studeer terwyl die belastingbetaler skraps lewe om sy eie kinders, sonder afslag, op universiteit te hou en dit het niks met voorheen benadeeldes te doen nie. Ek noem dit sommer uitbuiting en net ‘n ander vorm van steel.As die misdadiger uitkom, behoort hy ‘n verpligte addisionele belasting in die staatskas terug te sit sodat hy ook sy voordele kan waardeer soos ander wat daarvoor gewerk het.Dis stap 1 van selfdissipline en selfverantwoordelikheid.

  3. @benvanbruggen : ons moet hulle kan bull shit om wel al die skorries in nuutontwikkelde strafkampe in hul out back met harde hande arbeid besig te hou – so kan hulle hul eie arbeidsmag ontwikkel en onderhou in etlike fabrieke wat hulle tans so oneties out sorce na die Sjinese . . . 🙂

  4. tina10 het gesê op November 20, 2013

    Ek wens mens kan dit soos strafkampe hanteer waar almal handewerk moet verrig – gemeenskapstuine en paaie bou of slote grawe?

  5. Ek dink hulle kweek net nog slegter gewoontes daar en daar word beter na hulle gekyk as na pensionarisse. Dalk sal iets soos ‘n konsentrasiekamp ‘n beter uitwerking hê of dalk is dit net tyd dat goeie ou Superman met waarskynlik teen die tyd ‘n geweldige nageslag, na die rerige wêreld toe kom.

  6. Ek dink ongelukkig nie daar is ‘n afskrikmiddel onder die son wat meer vandag se mense tot sin sal skrik nie }-;

    • Bruggie het gesê op November 20, 2013

      Miskien is die moderne mens verward. bv. maak een mens dood en dis moord. Maak n miljoen dood met n atoombom en dis oorlog. Zuma oortree strafloos. Rykes betaal lag lag boetes of kom vry met n duur advokaat.

  7. Ek weet darem nie! Ek sal regtig nie in ‘n tronk wil beland nie al kan ek vir tien grade op staatsonkoste daar studeer.Dus vir my is dit ‘n helse groot afskrikmiddel.

  8. Dit is nogal n vraagstuk. Voel mos vir my ook dit is ‘n mors van ons gelde. 🙁

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.