by

Skeef ?

November 15, 2013 in Uncategorized

Die Engelse enkelseks skooltradisie is ooral in die Empire gevestig. Destyds op Boys High was al die onderwysers mans en op Girls High  almal vroue. Afrikaanse skole het dikwels die patroon gevolg. Deesdae is nuutgestigde skole se seuns en dogters saam. Ek weet van geen van die ou enkelseks skole wat oorgeskakel het nie.

n Goeie wiskunde onderwyseres kon op n seunsskool in pos kry selfs al was die van Foch. Miskien het dit gehelp as die aansoeker 50 kg oorgewig was met n beduidenis van n snor en n grys bolla. Die galoppende hormoon probleem moes glo in ag geneem word.

Ek wonder hoe voel jong ouers oor hierdie oorblyfsel van Viktoriaanse denke.

 

9 antwoorde op Skeef ?

  1. Hoe weet jy ‘n ou was op Grey Hogereskool ? Hy vertel jou dit sonder dat jy vra, en ook wie saam hom in die klas was .

    Ek’s bly ek het die voorreg gehad om in ‘n geslagsgemengde skool my laer en hogere-skool opleiding en opvoeding te kon gehad het . Meer gebalanseerd sou ek se^ en dalk bietjie minder wanaangepas as die obsessiewe onetrackmindedness wat die seuns en meisies apartheidskole gekweek het ?

  2. lora2me het gesê op November 15, 2013

    Ek het ‘n vriendin wat ‘n skoolhoof by ‘n prestige-skool is en sy was voorheen aan ‘n meisieskool verbonde. Blykbaar is daar bevind dat dogters akademies beter vaar in enkelgeslag skole omdat hulle nie meeding met seuns nie en nie meer bewuste, onspontane gedrag voor seuns hoef te openbaar en die gepaardgaande aandag kry nie – hul bepaal dus meer hul aandag by die akademie. Die nadeel, volgens haar, is dat die meisies meer ongeërg is oor die manier waarop hulle sit, lag ens. Ook is hulle dikwels baie ongemaklik en selfbewus as daar seuns in die vertrek is. Die fokus op akademiese uitnemendheid is dus prioriteit in enkelgeslag skole. Voordele en nadele. Ek is net so teen die gewoonte om seuns en dogters pouses heeltemal apart te hou. Dink die owerhede regtig dit gaan enige aantrekkingskrag keer of is dit maar bloot om die ordelikheid en dissiplinehandhawing makliker te maak? Dieselfde kan vir dubbelmediumskole gesê word – ek was in so ‘n laerskool en dit het my ‘n meer gebalanseerde siening van anderstaliges gegee. Ek dink skole behoort “a slice of (normal) life” te verteenwoordig.

  3. vega het gesê op November 15, 2013

    Helpmekaar Seuns Hoër is nou ‘n gemengde privaatskool. Wyseman was daar jare gelede en daar was so ‘n enkele vroulike onnie, maar dit was skaars. Die mans onnies het hulle met die vuis gemoker as hulle enigsins ‘n voet skeefgesit het.

  4. Dis dem ongesond en onnatuurlik,ook maar ‘n vorm van laertrek!

  5. In Potchefstroom was daar Boys High, Girls High, Teniese skool en Ferdinand Postma wat enkelgeslag skole was. Intussen het die laaste twee gemengde skole geword sover ek weet. Ek was in ‘n gemengde skool en nie spyt daaroor nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.