by

Klein stront

November 14, 2013 in Uncategorized

Dit was nou ek.

Pretoria Boys’ High is en was n gesogte skool. Kinders van Old Boys kry voorkeur in die drie koshuise. Hulle was vol toe my enkelma n briefie aan die skool rig . Ek beland toe by n wonderlike gesin as loseerder en behartig my eie skool- en klavierles sake vir die volgende vyf jaar.

Na n jaar begin my Latynpunte daal. Ewe kontant, in die middel van die kwartaal, gaan sien ek die hoof en vra om eerder Aardrykskunde te swat. Na n maand is ek weer by die hoof. Mag ek asb. by die jonger aardrykskunde onnie inskakel. Die senior ou fossiel maak volgens my droog. Ewe diplomaties skud die hoof kop. Senior fossiele word nie in die gesig gevat nie. Die wyse onderwysman het seker geweet dat n kind wat wil leer met goeie teksboeke en ou eksamenvrae wel die mas sal opkom.

Heerlike jare tussen die souties waar ook n Afrikaanse leerlingtoespraak n tradisie is met die jaarlikse Totsiens Byeenkoms.

 

 

 

11 antwoorde op Klein stront

  1. Klink my jy was beslis nie op jou mond geva nie – selfstandig!!!!

  2. Nice om die vrymoedigheid te kon hê om so iets te doen.

  3. lora2me het gesê op November 14, 2013

    Nou sien jy, Afrikaanse kinders is baie aanpasbaar. My Engelsman het weer in Afrikaans studeer en tot al op ‘n stadium in Afrikaans deeltyds klas gegee. Dit kan gedoen word met deursettingsvermoë.

  4. vega het gesê op November 14, 2013

    My man het ook in Standers 9 Latyn vaarwel toegeroep en Aardrykskunde gaan neem. Goeie skool Boys High.

  5. Die skoolhoof het seker elke keer gesug as hy jou sien aankom!

  6. Jou dapper man! Dit moes nogal moed gevat het!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.