by

Wreed

November 13, 2013 in Uncategorized

Ter aansluiting by Gilliomee se een groep wat nie op gelyke voet met n knapper groep kan mee ding nie, n paar los gedagtes oor die sake wêreld. Dis glo ongenaakbaar.  Hond eet  hond.  Onderduims as dit moet  om jou teenstander uit te roei. Politieke invloed en hulp is dikwels deurslaggewend.

Anton Rupert, Albert Wessels, Louis Luyt, Christo Wiesse,  Sanlam,Volkskas, Gencor,in vennootskap met die Regering en Broederbond het  Afrikanersake laat bloei.

Patrice Motsepe, Rhamaphosa, honderd duisende ander floreer onder die ANC. Tenderpreneur is die gons woord.

Oor die algemeen het Afrikaners die verlies van regeringshulp oorleef. Baie kon aanpas en selfs in die wrede sake wêreld staande bly. Baie het vaardighede wat ooral in aanvraag is.

Die wêreld het Apartheid bruut verwyder, maar met n demokatriese bestel is die Weste beperk tot diplomatieke druk sterk  getemper deur Sjinese teendruk. Die ANC of erger is ons voorland.

Daarom is ons demokrasie n klip-in-die maag wat ons kan versuip. Ons het staatsmanne nodig maar demokrasie lewer meerendeels die Zuma kaliber politikus.

Hopelik gaan ons Titanic nie die ysberg tref nie want wakker ( wit?) tegnici  aanboord gebruik radar. Die duisende in steerage beur na die luukses van eerste klas maar almal aan boord  juig as die ysberg vermy word.

(Terloops , die meeste Wittes reis steeds eerste klas.Steerage is kak  maar nie onleefbaar nie. Vier werklose arm blankes per gesin in steerage trek saam  R5000 per maand staatstoelae. Pay day loop die Klippies breed .)

Demokrasie beteken BEE gaan vir ewig met ons wees. .

Selfs goor demokrasie is beter as Syrie” . Smaail  mense en hou die Titanic vlot.

 

 

 

7 antwoorde op Wreed

  1. lora2me het gesê op November 13, 2013

    Pitkos. Weet jy dat Rupert nie die Broederbond van destyds ondersteun het nie? Hy en Verwoerd het ook baie koppe gestamp. Weet nie van sy nasate nie. Die ANC is klaar ons voorland en ek dink nie die volgende verkiesing gaan baie stemme verander, soos almal dink nie. Patrice Motsepe is een van die min nuwe geld mense wat uit sy pa se nederige winkelbesigheid groot geword het. Dis egter jammer dat geleenthede soos goedkoop swiets onder swak opgeleide staatsmanne uitgedeel word sonder verwagtings van enige teenprestasie. Cyril Ramaphosa se onlangse “boere”-uitlating het my mening oor hom ietwat verander. Manteldraaiers en gevurkte tonge: DIS ons grootste gevaar.

    • Bruggie het gesê op November 13, 2013

      Nie geweet van Rupert en die Broederbond nie. Ramaphosa met sy duur buffel en dom boer opmerking is pateties genoeg nogtans n sprankie hoop. Hopelik is die Titanic orkaanbestand @lora2me

  2. tina10 het gesê op November 13, 2013

    Ek gaan so lank begin om viool te speel

  3. Twaksak het gesê op November 13, 2013

    Mmmm. Kom ons laat Gods water oor Gods akker loop? Of gaan jy ‘n boermag stig? Bruggie, van alle mense! Genugtig!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.