by

Tot die dood ons skei

November 10, 2013 in Uncategorized

Eens op n tyd was daar n twee dogtertjies (susters) in Pinelands. Altwee kon mooi sing. Die een trou jonk, die ander een eers op vyftig, met die skoolhoof van die laerskool waar sy onderwyseres was.

Die skoolhoof se groot liefde by wie hy kinders gehad het, los hom toe hy sestig word. Nadat hy herstel het, trou hy met sy singende personeellid wat as oujongnooi haar ma opgepas . Skoolhoof woon vir vyf jaar in skoonma se huis, maar toe ou tante oue versorgingsoord toe is, sit hy en sy bruid huis op naby Simonstad.

Die jare stap aan. Skoolhoof is nou 90  en oujongnooibruid 70. Sy versorg hom, want hy is sieklik en kinds.

Sy sprankel steeds want sy is lief vir sy kern, lieftallige self .

n Suksesverhaal, sou ek sê

 

15 antwoorde op Tot die dood ons skei

  1. die week ook verhaal gehoor van iemand wat ‘n tweede kans op geluk gekry het.
    Nadat haar man haar vir die meisie met wie hulle seun in verhouding was, gelos het, het sy weer iemand ontmoet en dit klink my sy is nou werklik gelukkig

  2. vega het gesê op November 10, 2013

    Bly sy’t liefde gevind, maar dis moeilik om eers jou Ma te versorg en dan jou man wat 20 jaar ouer as jy is. En dan gaan sy maar net weer alleen oorbly sonder kind of kraai. Wie gaan vir haar sorg wanneer sy oud is?

  3. tina10 het gesê op November 10, 2013

    Dit gebeur net in stories… sug.

  4. dit gebeur net as die liefde nie sy/haar eie belang soek nie

  5. Jammer sy het haar liefde so laat gekry,maar ek is seker die kort tyd saam was vir haar genoeg!

  6. Die rede hoekom haar oë nog skitter, vermoed ek, is omdat “oujongnooi” in haar lewe geleer het om lief te wees vir haarself lank voordat sy lief geword het vir die man. Ek vermoed ook hy, haar ma, en al die kinders met wie sy ooit gewerk het, is besonder gelukkig om haar in hulle lewens te kon hê!

Los ’n antwoord vir rosiemetdorings. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.