by

Sprokies en Verhale

November 5, 2013 in Uncategorized

Die mens vertel sprokies en verhale om sin te maak van die lewe en om menslike swakhede uit te beeld.

Aspoestertjie is mooier en voorbeeldiger as die ryk susters , maar sy word nie na die bal genooi nie.

Die Russe vertel van n slee-rit in die middel van die winter, in die nag , deur die nimmereindigende Russiese  woude. Getroue perde moet die familie veilig tuis bring Dan kom die oer Russiese nagmerrie – n trop honger wolwe haal die slee in. Perde word geslaan maar hulle word moe”er. Al genade is om die slee ligter te maak. Iemand moet afgegooi word sodat die wolwe kan vreet.

Red jou bas deur iemand vir die wolwe te gooi.

Snaaks hoe vroue altyd die wrede heks is wat kinders vang om vet te maak vir die pot.

Dikwels gaan die stories oor familie. (Die enkel ma en die outjie wat n wonderboontjie koop) Soms oor die sotheid van die heerser en die gedienstige volk , totdat die seuntjie uitroep Die Keiser is Kaal !

Ons sit graag aan n storie verteller se knie.

22 antwoorde op Sprokies en Verhale

  1. vega het gesê op November 5, 2013

    Goed gestel.Daar meer in die sprokies as wat dit op die oog af lyk. Ek sukkel om sprokies te kry met manlike hoofrolle vir my kleinseuns.

  2. “Women who runs with the Wolwes” is die moeder van sprokiesboeke

  3. Absoluut!

    Dis hoekom ek lees – virrie stories!

    🙂

  4. tina10 het gesê op November 5, 2013

    Ooooo ons het grootgeword met sprokies . Ons het ‘n dik Hollandse Grimm boek gehad en moeder kon wonderlik voorlees. Dit het die wonderlikste illustrasies gehad – wreed en angswekkend

  5. ” life is like a story book story,
    it’s as real as the feelings I feel “

  6. ons het laas jaar na musiekblyspel gaan kyk van verwerking van sprokie oor meisie wat zwavelstokjes (vuurhoutjies) verkoop. Het dit nooit voorheen in my omswerwinge hier op die ondermaanse raakgeloop nie – blykbaar redelik bekend in België

    • lora2me het gesê op November 5, 2013

      In Engels is dit die “Matchstick girl”. Dis ‘n mooi verhaaltjie met ‘n traantjie hier en daar.

    • Jinne ek wonder of jy van “Die Meisie Met Die Vuurhoutjies” praat @rosiemetdorings?

      Ek het die boek gehad toe ek klein was, maar kan nie lekker die storie onthou nie. Ek het die boek nog erens in ‘n boks. Nou gaan dit my pla tot ek hom kry en weer lees en jou kom vra as ons van dieselfde storie praat.

    • vega het gesê op November 6, 2013

      @rosiemetdorings in die Skatkis of agter in die Kinderensiklopedie (Stories van die Wereld), kan nie onthou watter ene, was die storie van die vuurhoutjieverkoper. Dit was een van die stories wat my in my kinderdae aangegryp het.

      • @lora2me
        gewis was daar paar traantjies wat opgewel het. Die opvoering wat ons gesien het , was daarop gemik as ‘n bewusmaking van die huidige armoede in België
        @cbl1979
        ek is taamlik seker dat dit dieselfde verhaal is.
        @avega
        Verbeel ek my of was die laaste boekdeel van die kinderensiklopedie alles net sprokies en verhale. nommer 10 ?? Praat nou van baie lank terug 😀

  7. lora2me het gesê op November 5, 2013

    Ek het sprokies met moedersmelk ingekry en my kinders het heeerlik na al die gruwelgoed geluister. Ek dink dit leer hulle van goed en kwaad en dat geregtigheid altyd seëvier. Moet erken dis nogal bloeddorstig. My kinders was aanvanklik ‘n bietjie bangerig vir Brolloks en Bittergal wat ons eie Neelsie geskryf het.

  8. Sprokies het omtrent altyd iewers ‘n basis van iets wat gebeur het.

  9. Ek het altyd verskriklik bang geword vir die storie van die wolf en die sewe bokkies. Die ander stories het ek as normaal aanvaar!

Los ’n antwoord vir rosiemetdorings. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.