Sprokies en Verhale
November 5, 2013 in Uncategorized
Die mens vertel sprokies en verhale om sin te maak van die lewe en om menslike swakhede uit te beeld.
Aspoestertjie is mooier en voorbeeldiger as die ryk susters , maar sy word nie na die bal genooi nie.
Die Russe vertel van n slee-rit in die middel van die winter, in die nag , deur die nimmereindigende Russiese woude. Getroue perde moet die familie veilig tuis bring Dan kom die oer Russiese nagmerrie – n trop honger wolwe haal die slee in. Perde word geslaan maar hulle word moe”er. Al genade is om die slee ligter te maak. Iemand moet afgegooi word sodat die wolwe kan vreet.
Red jou bas deur iemand vir die wolwe te gooi.
Snaaks hoe vroue altyd die wrede heks is wat kinders vang om vet te maak vir die pot.
Dikwels gaan die stories oor familie. (Die enkel ma en die outjie wat n wonderboontjie koop) Soms oor die sotheid van die heerser en die gedienstige volk , totdat die seuntjie uitroep Die Keiser is Kaal !
Ons sit graag aan n storie verteller se knie.
vega het gesê op November 5, 2013
Goed gestel.Daar meer in die sprokies as wat dit op die oog af lyk. Ek sukkel om sprokies te kry met manlike hoofrolle vir my kleinseuns.
Bruggie het gesê op November 5, 2013
Is Batman/Spiderman/Superman moderne sprokies, veral vir seuns ? Boksembende eerder as Harry Potter ? @vega
vega het gesê op November 6, 2013
Ja maar klein seuntjies kan nog nie Batman en Spiderman kyk nie.
monicahaddad het gesê op November 5, 2013
“Women who runs with the Wolwes” is die moeder van sprokiesboeke
Bruggie het gesê op November 5, 2013
Sal uitkyk daarvoor, Monica @monicahaddad
Henry @kompethenry het gesê op November 5, 2013
Absoluut!
Dis hoekom ek lees – virrie stories!
🙂
Bruggie het gesê op November 5, 2013
Tesla se verhaal is soos n sprokie, Henry. Ek het jou @ vergeet , Henry. Skryf hom langs jou prentjie, man
perdebytjie het gesê op November 5, 2013
Henry is @kompethenry .Sprokies is soms baie wreed.Die Grimm Broers het darem ‘n paar afgryslike bangmaakstories geskryf.Party van die goed is nagmerriemateriaal!
Bruggie het gesê op November 5, 2013
Snaaks, die bloedjies geniet bang @perdebytjie
Henry @kompethenry het gesê op November 6, 2013
@perdebytjie @benvanbruggen
Ja absoluut – hoe meer bloed en guts, hoe grillerig-lekkerder luister die kleintjies!
tina10 het gesê op November 5, 2013
Ooooo ons het grootgeword met sprokies . Ons het ‘n dik Hollandse Grimm boek gehad en moeder kon wonderlik voorlees. Dit het die wonderlikste illustrasies gehad – wreed en angswekkend
Bruggie het gesê op November 5, 2013
Deesdae luister die kinders storie op die TV, Tina @Tina 10
exionperfexi het gesê op November 5, 2013
” life is like a story book story,
it’s as real as the feelings I feel “
rosiemetdorings het gesê op November 5, 2013
ons het laas jaar na musiekblyspel gaan kyk van verwerking van sprokie oor meisie wat zwavelstokjes (vuurhoutjies) verkoop. Het dit nooit voorheen in my omswerwinge hier op die ondermaanse raakgeloop nie – blykbaar redelik bekend in België
lora2me het gesê op November 5, 2013
In Engels is dit die “Matchstick girl”. Dis ‘n mooi verhaaltjie met ‘n traantjie hier en daar.
Net Ek @ cbl1979 het gesê op November 5, 2013
Jinne ek wonder of jy van “Die Meisie Met Die Vuurhoutjies” praat @rosiemetdorings?
Ek het die boek gehad toe ek klein was, maar kan nie lekker die storie onthou nie. Ek het die boek nog erens in ‘n boks. Nou gaan dit my pla tot ek hom kry en weer lees en jou kom vra as ons van dieselfde storie praat.
vega het gesê op November 6, 2013
@rosiemetdorings in die Skatkis of agter in die Kinderensiklopedie (Stories van die Wereld), kan nie onthou watter ene, was die storie van die vuurhoutjieverkoper. Dit was een van die stories wat my in my kinderdae aangegryp het.
rosiemetdorings het gesê op November 6, 2013
@lora2me
gewis was daar paar traantjies wat opgewel het. Die opvoering wat ons gesien het , was daarop gemik as ‘n bewusmaking van die huidige armoede in België
@cbl1979
ek is taamlik seker dat dit dieselfde verhaal is.
@avega
Verbeel ek my of was die laaste boekdeel van die kinderensiklopedie alles net sprokies en verhale. nommer 10 ?? Praat nou van baie lank terug 😀
lora2me het gesê op November 5, 2013
Ek het sprokies met moedersmelk ingekry en my kinders het heeerlik na al die gruwelgoed geluister. Ek dink dit leer hulle van goed en kwaad en dat geregtigheid altyd seëvier. Moet erken dis nogal bloeddorstig. My kinders was aanvanklik ‘n bietjie bangerig vir Brolloks en Bittergal wat ons eie Neelsie geskryf het.
blikskottel het gesê op November 6, 2013
Sprokies het omtrent altyd iewers ‘n basis van iets wat gebeur het.
Carol R @ Losbek het gesê op November 6, 2013
Ek het altyd verskriklik bang geword vir die storie van die wolf en die sewe bokkies. Die ander stories het ek as normaal aanvaar!
Bruggie het gesê op November 7, 2013
Die verteller moet boei. My laatlam het net eenmaal na my ondeurleefde Drie Varkies geluister @ Losbek