Theuns Eloff
November 2, 2013 in Uncategorized
Vise Rektor , Potch ( die main man). Teoloog en knap bestuurder. Dopper ? Studente leier/woelwater in sy jeug. Knap organiseerder met die oorgang in 1994. In hierdie tyd is hy bygestaan deur n knap vrou. Wat het van haar geword ?
Wat weet julle van Theuns. Hoe sien hy die toekoms ?
exionperfexi het gesê op November 3, 2013
@benvanbruggen : Weet ook nie . ondersoekende joernalistiek nie my sterk punt nie . Prof Eloff was altyd maar net iemand wat agter die skerms sy gewig ingegooi het en nie die kalklig wou steel nie . Ook met CODESA het ander maar daai rol vertolk ( FW self en ou Roelfie en die res ) Agter elke man is daar ‘n vrou en ‘n verbaasde skoonma , maar sy wederhelfte is dalk ook maar nie ‘n vloedligverslaafde nie. Prof Theunis is maar net ook soos vele ander talentvolle manlike Afrikaanse mans gemarginaliseer tot goue ranteiertjies in die proses van “vredeversoening” en die bloeddorstige swartbemagtigingsplan . Wat hy van die toekoms dink WIL ons dalk nie weet nie . Hy is miskien meer pessimisties as ou ekke ?
Bruggie het gesê op November 3, 2013
Dankie , Eksi. (Ek moes glimlag oor die verbaasde skoonma.) @exionperfexi
monicahaddad het gesê op November 3, 2013
Ons weet van Theuns en ons weet van sy knap vrou en ek dink hy sal ‘n woelwater doodgaan.
Bruggie het gesê op November 3, 2013
Mag sy soort vermeerder, Monica. @monicahaddad
tina10 het gesê op November 3, 2013
Laat weet as jy sy siening opspoor… dink jy hy maak ‘n verskil?
Bruggie het gesê op November 3, 2013
Ja , soos n Skim, maak hy n bo-menslike verskil @tina10
monicahaddad het gesê op November 4, 2013
Hy het die PUK mooi deur die oorgangs-stadium geneem en die PUK bars nou uit sy nate.
tina10 het gesê op November 5, 2013
@monicahaddad Dis ook omdat baie van die universiteite Afrikaans afskaf is dit later die enigste tuiste wat hulle vind
blikskottel het gesê op November 3, 2013
As sy menings enigsins saamstem met die ANC se beleide, dan is ek absoluut teen hom. Indien nie, dan is ek bly.
lora2me het gesê op November 3, 2013
Hy het hom onlangs uitgelaat oor die taalkwessie as ek reg onthou. Sy vrou se naam was Suzette, nie waar nie?
rosiemetdorings het gesê op November 3, 2013
Soos amper elke Eloff familie ‘n Theuns het, het die van der Walts ‘n Tjaart.
Carol R @ Losbek het gesê op November 3, 2013
Hy is met Suzette Eloff getroud. Die jonger Eloffs was saam met my op skool. Hy was reeds op universiteit gewees. Sy pa was ook ‘n proffie op die PUK gewees
Bruggie het gesê op November 4, 2013
Jy ken nie dalk Suzette se nooiensvan nie. ? Sy was destyds bekend in eie reg. @Losbek
monicahaddad het gesê op November 4, 2013
Sy was ‘n nooi van der Westhuizen en sy het ontsettend mooi gesing. Toe het sy net helemal opgehou.
Carol R @ Losbek het gesê op November 5, 2013
@benvanbruggen Ek sien Monica het jou geantwoord. Sy het destyds in radioverhale gespeel en soos Monica tereg sê, sy kan baie mooi sing!
Bruggie het gesê op November 5, 2013
Dankie Carol @ Losbek