Ter aansluiting by Gilliomee se een groep wat nie op gelyke voet met n knapper groep kan mee ding nie, n paar los gedagtes oor die sake wêreld. Dis glo ongenaakbaar. Hond eet hond. Onderduims as dit moet om jou teenstander uit te roei. Politieke invloed en hulp is dikwels deurslaggewend.
Anton Rupert, Albert Wessels, Louis Luyt, Christo Wiesse, Sanlam,Volkskas, Gencor,in vennootskap met die Regering en Broederbond het Afrikanersake laat bloei.
Patrice Motsepe, Rhamaphosa, honderd duisende ander floreer onder die ANC. Tenderpreneur is die gons woord.
Oor die algemeen het Afrikaners die verlies van regeringshulp oorleef. Baie kon aanpas en selfs in die wrede sake wêreld staande bly. Baie het vaardighede wat ooral in aanvraag is.
Die wêreld het Apartheid bruut verwyder, maar met n demokatriese bestel is die Weste beperk tot diplomatieke druk sterk getemper deur Sjinese teendruk. Die ANC of erger is ons voorland.
Daarom is ons demokrasie n klip-in-die maag wat ons kan versuip. Ons het staatsmanne nodig maar demokrasie lewer meerendeels die Zuma kaliber politikus.
Hopelik gaan ons Titanic nie die ysberg tref nie want wakker ( wit?) tegnici aanboord gebruik radar. Die duisende in steerage beur na die luukses van eerste klas maar almal aan boord juig as die ysberg vermy word.
(Terloops , die meeste Wittes reis steeds eerste klas.Steerage is kak maar nie onleefbaar nie. Vier werklose arm blankes per gesin in steerage trek saam R5000 per maand staatstoelae. Pay day loop die Klippies breed .)
Demokrasie beteken BEE gaan vir ewig met ons wees. .
Selfs goor demokrasie is beter as Syrie” . Smaail mense en hou die Titanic vlot.
Onlangse kommentare