Jy blaai in die argief vir 2013 Oktober.

by Bruggie

Wortels eerder as Sambok

Oktober 18, 2013 in Uncategorized

n Opgewonde ou vertel op Al Jazeera dat slawerny binne 30 jaar iets van die verlede gaan wees danksy die sosiale media.

Regerings is wêreldwyd te korrup om die sindikaatslaafbase vas te vat. In Afrika word seuns in talle lande as kindersoldate verkoop, die meisies as prostitute. In lande soos Indië, Bangladesh ens. word slawe aan fabrieksbase verkoop wat dan handelsname soos Nike goedkoop vervaardig. Hierdie handelname word dan deur groot Westerse maatskappye versprei.

Fabriekslawerny se doppie is geklink want sodra Nike ens . hiermee verbind word ,verloor hul handelsmerk waarde en die Internationale Geldmag plaas druk op die slawefabrieke en slawelande om die praktyk te staak.

Dis die gewone mensie met sy selfoon wat  die dinge oopvlek en n verskil maak. Die boefsindikate weet nie wie hulle verklap nie. Hulle kan nie duisende cellfoners  uitsnuffel en met die dood dreig nie. Hofgetuies word wel van kant gemaak tensy hul ten duurste beskerm word vir die res van hul lewens.

Is dit nie die antwoord op ons groot korrupsieprobleem nie. Ons howe is te omslagtig . Miljoene word spandeer om n paar suksesvol te vervolg , maar die menigte word nie vervolg nie , vir watter rede ookal. En dan stap Selebi en Shaik rustig rond ten spyte van lang vonnisse. As die polisie of die regering nie reageer wanneer anonieme verklikkers korrupsie blootl^e nie, word die cellklikk hewiger , totdat maatskappye wat betrokke is, bang word hulle tel skade op. Die maatskappye moet hul kant gesamentlik skoon kry, met behulp van die sosiale media. Niks meer konkel om tenders nie.

Voorstel: Vervierdubbel die toelae aan die werkloses, maar met voorwaardes. Geheelonthouers kry die meeste. (Geen goedkoop, gesmokkelde sigaret, geen drank, geen dwelms. Swaar boetes vir verkeukers (sambok) en belonings vir verklikkers (wortel). Arm meisies wat swangervry matriek maak word beloon en as hulle teen 25 nog steeds kinderloos is, kry hulle n huis , n kar en R10,000 om in eie onderneming te ploeg. Help die’ wat hulself help.

Sulke wortels  sal ons land red. Stry ?

(Weg met plaasmoorde, misdaad,  dwelmhandel, dronkbestuur. Jy kry R5000 per maand mits jy elektrisiteitsrekenings betaal, en nie kabel steel om delms te koop nie..   Nugter mense met R5000 rand per maand in die sak , moor en martel nie. En met korrupsie uitgeskakel , groei die land teen 5 % p.a. en daars geld vir dienslewering, yskaste, klere, sokkerkaartjies, die goeie lewe.Weg  Afgrond , Viva Utopië ?)

Stry ?

Baie wortel, minder sambok vir die werkloses.

Binne 20 jaar is daar n werkende middelklas  en is armoede (en toelaes) uitgeskakel

 

 

 

by Bruggie

Vind jou gleuf (skuins invalle verbode)

Oktober 18, 2013 in Uncategorized

CapeTV het so pas n uitstekende lesing deur n kitaarspeler gebeeldsend.

(Dit het my laat dink aan die soort ouens wat as lektore/professore hul geld verdien- meesal ouens met doktorsgrade in n hoogsgespesialiseerde vertakking van hul veld, Sulke ouens moet hou by navorsing en oorsig oor doktorstesisse, want as geslaagde toesprekers van 300 eerstejaars kom hulle nie die mas op nie. Vervelig ! Onbeholpe ! Studente slaag tenspyte van hul lesings.)

In n Vakulteit soos musiek is dit dikwels hoogsbegaafde uitvoerende kunstenaars wat nie genoeg op die konsertverhoog kan verdien nie, wat vaardighede aan studente oordra. Die kitaarspeler op CapeTv is een van die’.

Blykbaar kom die moderne kitaar uit die stal van die luit en die harp . Oor die eeue het komponiste instrumente uit die’ stal gebruik as begeleiers of soms as solo instrumente. Van die instrumente het verdwyn of is vervang deur n flavour of the epoc.

Die kitaarspeler vertel van n verdwene instrument met 21 snare, verdeel in n stel van 10 vir die linkerhand en nog n stel van 11 vir die regterhand. Die klankbord was n enorme ronde kom gesny uit n GROOT kalbas . Diervel is dan styf oor die kom gespan- n primitiewe instrument ook uit Afrika.

n Kitaar het net ses snare, maar met sy dwarsbalkies kan mens al die snare verkort , wat dan die kitaar instaat stel om Afrikamusiek bedoel vir die 21 snaar knaap te kan speel. Ons TV-virtuoos speel toe n voorbeeld waar die kitaar beide n begeleier as n solo instrument is. Moeilik. Ingewikkeld. Verweef. Met toegeknypde oë leef die man homself in en lewer n aangrypende vertoning. Hy het sy gleuf gevind en jong dissippels sal ge-inspireer word.

Wat n voorreg om die man in aksie te sien. Dankie Cape TV.

Meeste van ons ploeter maar. Ai, dis jammer.

by Bruggie

Peeda Kramer

Oktober 16, 2013 in Uncategorized

is n slim reklameman vir sy cd saak. Op Fine Music Radio so flussies:

“What do you get when you throw a piano down a mine shaft ?”

“A flat miner”

by Bruggie

Assimilasie en akkulturasie

Oktober 16, 2013 in Uncategorized

Ons word al hoe meer n global village maar groot volke met n vaderland (eskuus dames) bly voortbestaan en probeer inkomelinge dwing om te assilileer deur bv. die bhurka te verbied. Taal is belangrik. Inkomelinge besef self dat as jy jouself meer bemarkbaar wil maak, moet jy die baas se taal aanleer.

In LatynsAmerika is Spaans of Portugees landstale en tog het Japanners, Duitsers, Sjinese,Grieke en Italjaners taaleilande gestig in gemeenskappe waar hierdie groepe dele van de ekonomie oorheers, (landbou , vervaardiging, diensverskaffing, mynbou) . Die tale en kulture van die oorspronklike bevolkings het grootliks verdwyn of is gemarginaliseer.

n Kritiese massa is nodig om taaleilandgemeenskappe te stig en in stand te hou. Danie in Paragguay vertel van die Duitse boere wat groot bydra tot die welvaart van die land en miskien daarom toegelaat word om Duits te bly.

Die Jode het deur die eeue hulself as groep gehandhaaf maar het die plaaslike tale hul eie gemaak. Godsdienswette wat trou buite die Joodse geloof verbied en hul welvaart het die groep behou maar het ook afguns aangewakker.

Die Afrikaanse volk het skaars tot stand gekom as n polities dominante minderheidsgroep toe hulle gedwing was om politieke mag vir ewig prys te gee in ruil vir n grondwet wat hul ekonomiese mag en vaardigheidsvoorsprong via verskansde eiendomsreg tydelik waarborg. Tydelik. Malema en miljoene arm stemmers betwis die ooreenkoms.

Goed opgeleide Afrikaners het in die Global Village nie n probleem nie. Hulle kan alreeds Engels praat.Hul vaardighede gee hulle waarde. Jy skop nie vaardige mense wat n moderne land instand hou ,uit nie. Jy knou hulle nie af ,soos in Zimbabwe nie tensy hul hooghartigheid jou rede gee om hulle te haat nie.

Moderne tegnologie maak dit moontlik vir selfs klein taalgemeenskappe om n gekoesterde taal in die vreemde in stand te hou.

Afrikaners leef oor die algemeen goed. Hulle woeker . Hulle geniet hul rugby, vleisbraai, Noot vir Noot, Sewende Laan, Matriek Afskeid Dans rokke..Sommiges skryf en lees goeie gedigte en romans. Sommiges sing , speel klavier of viool, of skilder op wêreld standaard.  Die bitterbekke en doemprofete KWYN , want mens kan nie teen feite stry  nie.

Dit gaan goed met die Volk. Ontspan en geniet. En drie hoeras vir Carol en andere wat swart onderwys verbeter sodat die afguns gaping  krimp.

 

by Bruggie

Vreugde

Oktober 15, 2013 in Uncategorized

Niks  is so opbeurend as hierdie Jack Russell se vreudge galop nie. Mens moet eintlik n video neem want woorde skiet kort..

Brakkie is lig en gespierd. Hy geniet n driekwartpas waar al  vier pote van die grond af is. Die twee voorpote sweef uitgestrek en wiks die grond blitsvinnig en uitgelate. n Tamboer spelery. Elke nou en dan doen hy n volspoed lap of honour waar hy skuinslê om die swembad.

Vir hom is die lewe te kort vir dissipline. Worsie voel verplig om die bal netjies voor jou voete te lê. Russell se aandag dwaal, bal word enige plek gelos om eers akkedis te snuffel of vir n Hadida te blaf.

n Bol vreugde.  (Gee sommer sy miesies afslag op haar huur.)

 

by Bruggie

Brink

Oktober 14, 2013 in Uncategorized

Een van die sterkste karakters in Andre Brink se Philida is Cornelis die patriag van Zandvliet.

Hierdie proeseltjie Brink vat hom netjies vas:

“Vandag het ek gesien hoe Philida haar daar in die vlak water staan en was. Dit was vir my wat Cornelis is wat sy van haar probeer afwas het, weet ek maak alte goed. Asof ek n siekte was. n Pestilensie. n Vlek. . n Smeersel.

Maar ek sweer voor die einste Here; ek laat my nie sommer so afwas nie. Ek sal staan waar ek staan. Al moet die wêreld om my vergaan.  Ek staan.   Hoor jy,Here ?   Piel-orent sal ek hier bly staan.  (bls. 100)

by Bruggie

Grappies op n stokkie.

Oktober 10, 2013 in Uncategorized

Kom ons kyk nugter na die Rooi Oktober veldtog.

Ons Praag vriende jaag Afrikaners op n bonnel met Volksmoord! Die Barbare wil ons uitdelg ! Wêreld , red asseblief.Gryp in. Rwanda is op hande. Riviere bloed is ons voorland.

Ja, dis afgryslik dat weerlose bejaarde Afrikaners sagte teikens is vir misdadigers op afgeleë plotjies en plase, maar daar is geen bewyse dat die polisie goedkeurend toekyk nie. In brute getalle word 50 swartes vir elke witte vermoor. Verfyn mens die statistiek ,kan jy wel n saak maak dat meer bejaarde Afrikaners sagte teikens is, maar dis onvermeidelik. Die afgelope 100 jaar is 90% van plattelanders Afrikaners. Deesdae is baie van hulle oud en slyt as sagte teikens hul laaste jare tussen armer,werklose swartes wat naweke dronk word en by die naaste sagte teiken geld soek.

Geen beplande Volksmoord nie.

Help die weerlose , arm volksgenote daadwerklik met diefwering, honde, alarms, radioverbinding., wagbeurte. Harde, eerlike,ondankbare werk.

Hierdie Red Oktober ballon nonsens is grandstanding en martelaarspeel. (Hoofman ryk Dan bring altyd ook die Boere oorlog gruwels van 110 jaar gelede by.)

Nee,magtig ! Hierdie ouens praat nie namens trotse Afrikaners nie.

by Bruggie

Karen Blumer

Oktober 10, 2013 in Uncategorized

 

 

is donderdae vroeg op Fine Music Radio. Aangename , lae (rookverweerde ?) stem

.

Vanoggend beur sy die volk op. Jean Paul-Satre was wys met: As jy alleen verveeld is, dan is jy in slegte geselskap.

Nee, alle magtig preek Karen. Vat vas ! Krap jou maag en sê “Eks bo-baas !”

Ek en Karen is altwee Bono Chimpe.

by Bruggie

Siek

Oktober 5, 2013 in Uncategorized

Wat moet n melaatse liefs vermy ?

 

Duimgooi.

by Bruggie

vrede regter

Oktober 5, 2013 in Uncategorized

Die Amerikaners se worsie jaag n bal. Die nuwe huurder se Jack Russell ook.

Jack is vinniger. As ek een bal gooi , is hy eerste daar.

Maar hy is te dom om die bal te bring vir weer gooi. Sy speletjie is om Worsie te terg. Hy klem die bal vas en hardloop draaie.

n Tweede bal los die probleem op. Russell met sy bek vol bal kom eerste by die tweede bal maar dan tref n dilemma hom.

Los hy die bal in sy bek om die nuwe te gryp, dan is die eerste bal Worsie sin

Ai die lewe is tuff. Skaars vermaak n vinnige hond n stadiger balmalle, of verdomde gooier spoil alles met n tweede bal.

Dis nou my stukkie rocket science. – n tweede bal.