by

Drankreklame

Oktober 31, 2013 in Uncategorized

Die ministrie van Gesondheid wil drankreklame afskaf want dis duur om die verminktes gesond te kry.

Sosiale welsyn tel die koste van staatkinders,stukkend geslaande vroue, wrak mense..

Pragmatiste  sê bestuur  want keer kan jy nie.  Kry n buddy beweging aan die gang sodat die slagting op die paaie verminder. Drank borg sport en bevorder nasiebou. Dink aan al die belasting wat ge-in word. Moenie mense in watte toedraai nie. Daar sal altyd genoeg verstandiges wees.Die lewe is rof. Ontvlugting is noodsaaklik.

Beperk  die skade en neuk voort.

 

 

16 antwoorde op Drankreklame

  1. Pragmatisme is nou nie hoeka ons regering se sterk punt nie. As daar nou EEN minister is vir wie ek regtig geen greintjie respek het nie is dit Lulu Xingwa…na…la…watnouweer? Haar departement maak geen wesenlike pro-aktiewe verskil nie en al wanneer mens iets van haar hoor is wanneer sy opportunisties huff&puff oor een of ander hoëprofiel misdaad teen vroue of kinders…maar van daadwerklike aksie is daar bitter min sprake.

  2. Laat my bietjie dink aan die hen en die eier 😉

  3. lora2me het gesê op Oktober 31, 2013

    Net so maklik! Was daar maar ‘n oplossing wat regtig so eenvoudig soos die drankreklamestorie kon klink … en kon werk. Daar is nogal ‘n geweldige probleem onder, veral, die armstes so erg dat die drankprobleem se gevolge manifesteer in kinders met FAS. Daar is soveel skolastiese en ontwikkelingsprobleme a.g.v. daarvan, maar ek dink nie ‘n verbod op reklame gaan dit verminder nie. Ek dink blote bewustheidsveldtogte soortgelyk aan die MIV/VIGS-veldtog, sal baie meer doen om die “probleem” te verklein. Weer lê die antwoord in opvoeding, skool, boeke, lees, lees, leer, leer, ad infinitum.

  4. So of die afskaffing van reklame vir die botteltjie Klippies nou die volk gaan kry om minder te drink

    Terwyl daar drank is sal daar gedrink word en as daar nie drank is nie dan maak ons….daar sit Oom Dirk nou daar in groot Merico regop….hy dink juis hy moet die mampoer ketel gaan afstof.

  5. Absoluut innie kol. As dit nie alkahol of tabak is nie, is dit gom, of tik, of kokaiene…

    Laat los en laat leef!

    • Bruggie het gesê op Oktober 31, 2013

      Snaaks hoe die ouens vasskop teen wettiging van die kompetisie. Miskien lê die antwoord in reklame vir alle dwelms @Henry

      • Heeltemal waar – die ouens wat die meeste skop teen die wettiging van ander dwelms is die Amerikaanse DEA – dis ‘n hele industrie wat oorlog maak op ‘n ander industrie wat nie ‘n kwart van die grootte sou gewees het as dwelms wettig was nie – die yanks het niks geleer met prohibition nie.

        O ja – my ping is kompethenry…

  6. tina10 het gesê op Oktober 31, 2013

    Ja ek weet ook nie of dit enige indruk sal maak nie Ons land het twee nasionale sportsoorte – rugby en suip en die twee gaan gewoonlik hand aan hand maar kan ook uitstekend op sy eie voet staan.

  7. Dit gaan bôkkerol help. Ai!

  8. Asof dit sal help dat minder gedrink word.Die spul rokers rook nog steeds.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.