by

Daar vang die ou Dywel my toe met slappe.

Oktober 27, 2013 in Uncategorized

Die Pinelands NG gemeente is 70 jaar gelede gestig en hulle het dit bly gevier vanoggend.

Die hoogtepunt sou wees die sing van Jerusalem. Donderdagaandoefening trap ek klei met my solo stukkie en die koorleier slaap sleg. Sondagoggend se oefening loop vlot. Almal smaail verlig en klop oom Ben op die rug.

Parkinsons. Dis die bewe -kwaal. My linkerhand bewe soms as ek sonder bril links uitstrek om te lees.

Lekker dramaties sing ek “En weer verander die toneel, n helder glans verskyn…maar toe ek loer na die volgende ree”l

stamp die ou duiwel Parkinson’s in rat . Die blad bewe . Ek sien niks. Paniek. Gryp die eerste woord en wat uitkom is :

“Ek SANG die heil’ge stad daar.

Blitsig word ou dywel se stert geknoop en die koor rond dawerend af.

Kom ons hoop ou man Kallis se oog sien gou ook weer skerp, Dan bly Faf en sy ritssluiter buite die dywel se bereik

14 antwoorde op Daar vang die ou Dywel my toe met slappe.

  1. Foeitog, Bruggie, gelukkig het jy kopgehou!

  2. tina10 het gesê op Oktober 27, 2013

    Ek is bly oom Ben het die duiwel se stert geknoop dat die jongelinge sal ophou om met balle te peuter!
    Wens ek kon dit hoor

  3. vega het gesê op Oktober 27, 2013

    Jy’t sowaar in ‘n kerk gesing en nogals Jerusalem. Sjoe.

  4. Wee-jy, Bruggie, ‘sag’ is mos die ou verledetydsvorm van ‘sien’ en ‘sang’ klink so baie dieselfde, dat ek seker is Pinelands se gemeente was heeltemal geflous. 🙂

  5. Dit bly darem ‘n mooi lied.Wens ek kon jou hoor sing!

  6. Skerp, mooi gedink. Die ied is een van my gunstelinge!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.