by

Rietdak se jaarlikse (duur) byhou

Oktober 24, 2013 in Uncategorized

besorg n man-wat-weet-hoe en sy handlangers op my dak.

Die kenner moet konsentreer en raakvat maar die dag is lank.

Daarom moet n handlanger interessant kan praat.

Ek hoor hoe  lang stories opdroog. Die voordekker  por  dan met”En toe “.

Dit neem my 55 jaar terug toe ek self in die vakansies stene gelê het maar selfs met n dubbel, reguit muur nooit veel meer as 600 stene per dag kon haal nie. Daar was destyds beroemde kromrug manne wat 5000 kon wegpak,  met vyf geleerde  handlangers wat dagha gesprei het en een wat elke twee sekondes n steen in die snelbouer se hand gestop het.

Die spoed bouers het nie tyd gehad vir praatjies nie.

Daar was egter  n mankolieke Itliaanse omie wat gespesialiseer het in siersteen pilare.

Veel stadiger,met net een handlanger,  wat moes klets om die oubaas se verveling te verdryf.

As Johannes opdroog , kry hy die opdrag .

“Praat, Johannes !”

,

18 antwoorde op Rietdak se jaarlikse (duur) byhou

  1. Bouers het elkeen sy streke, glo my ek weet. Gelukkig het my vrou een manier om hulle eerlik te hou: Skop enige skewe bouwerk om.

  2. lora2me het gesê op Oktober 24, 2013

    Ag, oulike storie. Goeie muurbouers is skaars en ‘n mens hoor al hoe meer van mense se mure wat sommer na ‘n reënbui omval. Dis regtig ware harde arbeid. Dink net hoe lyk daai ou se hande, want hulle dra nie almal handskoene. nie

  3. Stene met woorde gelê

  4. Hehe! Oulik! Stomme man wat die hele tyd moet dink wat som te sê!

  5. Dis nie elke messelaar wat weet hoe om sierstene behoorlik te bou nie

  6. Het nou sommer baie lekker gelees, hier is baie rietdakke hier en ek hoor so wat jy sê.

  7. tina10 het gesê op Oktober 24, 2013

    My pa was so naweekbouer en het ons huis self met sy eie hande gebou. Hy het selfs die planne self geteken Vandag besef ek eers hoeveel waardering ek daarvoor het.

  8. vega het gesê op Oktober 24, 2013

    Messel is harde werk. Klink soos Wyseman wat as ons langpad ry altyd vir my sê om te praat dat hy kan wakkerbly.

  9. Lekker storie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.