by

Elvis

Oktober 20, 2013 in Uncategorized

n Facebooker vertel van die gedugte rottangswaaiers tot diep in die jare tagtig. (n Vrou vertel hoe n sadis verbeteringskoolmeisies geslaan het met “Sannie” nadat hulle n spesiale blommetjies broekie moes aantrek)                      n Hele generasie verskree deur die korporaals in die Army.

n Lelike  geweldstreep  in ons Afrikaner verlede. Donner alles reg. Hou jou bek, Pa praat.!

Elvis was die tiener uitlaatklep. Hormoonbelaaide tieners wat hul bekke moes hou. Hulle identifiseer met n die mompellirieke van Elvis. Met sy lyftaal. Met sy heupswaai. Hulle kreun saam “Don’t be cruel”. Skree uitbundig “Once threw a pardie in the county jail !”

Elvis, die bevryder !

 

20 antwoorde op Elvis

  1. tina10 het gesê op Oktober 20, 2013

    Ja, jy is heeltemal reg. Goed ek moet ook erken dat ek geslaan het, maar het besef dat dit gewoon nie ‘n saak oplos nie. Mens kan streng wees sonder om te slaan. As iemand jou te na kom is dit gewoon minder moeite om om te draai en weg te loop.
    Die enigste ding wat geslaan behoort is die spyker in die muur!

  2. maryna het gesê op Oktober 20, 2013

    Hule het ons meisies, in gewone skole, met planke oor die hande of vingernaels geslaan, diep in die 90s. Herhaaldelik. Selfs na die die nuwe demokrasie toe ons nog te jonk was om te stem. Ek sal nooit die uitdrukking op hulle gesigte vergeet terwyl hulle slaan nie. Vir simpel goed soos ‘n boek by die huis vergeet. Naels wat te lank was. Ag sommer vir enigiets. Die seuns kon boeke in hul broeke oor die boude versteek om die rottang se praatwerk te versag. Ons meisies se hande was altyd opgeswel, vingernaels blou. En ons het nie eers vir Elvis gehad nie.

    • Bruggie het gesê op Oktober 20, 2013

      Ongelooflik. Ek het slegs n week uitgehou by n dunlip vroulike sadis met n liniaal wat lomp vingers lomper geslaan het oor struikelende toonlere. @ maryna

      • maryna het gesê op Oktober 20, 2013

        Daar was een outjie, André was sy naam, wat die rottang gegryp het waarmee die onnie hom oor die rug geslaan het, en die onnie lekker terug gewiks het. Hy was toe geskors, kon in geen skool weer aanvaar word nie, Dwelmslaaf geword. Jonk verongeluk.
        Lank lewe André!

  3. Blommetjiesbroeke nogal! Eish! Ek kan net die pakke onthjou wat ek nie verdien het nie

  4. Elvis is laaaank terug…

    • Bruggie het gesê op Oktober 20, 2013

      Elvis se taak is volbring, Henry. Deesdae se softies het nie sy troos nodig nie. Ja selfs Queen is vergete. Michel Jackson ? Net ou Bono hou, lyk dit my. @ Henry

  5. vega het gesê op Oktober 20, 2013

    Ek het by daardie skool skoolgehou in Standerton in daardie tyd en laat ek vir jou sê; ek was flippen bang vir daardie meisies!!!! Het nooit my rug op hulle gedraai in die klas nie.

  6. Pakslae gee is ‘n laaste opsie en uit ondervinding weet ek dit werk. party mense moet voel voor hulle hoor. Dis maar hoe die natuur werk.

  7. Daar is ‘n moerse verskil tussen pakslae en mishandeling

    We don’t need no education Pin Floyd – en kyk met wat se gemors sit die skole vandag

  8. Ja ek was hard gemoer by die hoof….gereeld

    Hy het so ‘n kas gehad met rofweg 20 rottangs in….dan maak hy die kas oop en jy kies jou eina

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.