by

n Gawe ouma

Oktober 19, 2013 in Uncategorized

het gister my bas gered in Pick n Pay.

Hierdie middeljarige vrou is die baas oor die tellers. Haar sleutel kanselleer foute.

Rondebosch se P&P is myle beter as Pinelands s’n. (En ook as die meeste ander landwyd. P& P gly glo die afgelope jare.)

Die Rondebosch P&P is n franchise en die eienaar moet beter diens lewer as die groter Checkers oorkant die straat. Sy staf iis flink en behulpsaam.

Toe my sake by die betaalpunt sloer, was die wakker ouma gou by om die toustaners na n minder besige teller te laat beweeg.. Soos hulle agter my verbyskuur, ruk iemand my rugkruisband  per ongeluk los. Die los, swaar Jean sak vinnig . Ek gryp vas en pluk op.

By die huis is dit nie n probleem nie. Ek trek vir jean uit en koppel die kruisband kaalgat.  Dit  was nie n opsie  in P&P nie.

Daar is dit toe ek en die vriendelike ouma. Herhaaldelik , want rugkruisbandkoppel is n kuns.

Dankie, ouma.

12 antwoorde op n Gawe ouma

  1. tina10 het gesê op Oktober 19, 2013

    hehehehe… ten minste hang jou broek nie tussen jou knieë

  2. Dirkie het gesê op Oktober 19, 2013

    Ag ek moes darem lag vir hierdie blog, al was jy en die vriendelike Ouma beide in netelige en dankbare posisie.

  3. Foeitog Bruggie, dit kan nogal ‘n verleentheid afgee. Ek vind oor die algemeen PP se tellers flinker as Checkers s’n

  4. vega het gesê op Oktober 20, 2013

    Ai die kruisbande. My Pa het so lank gesukkel om die regtes te kry 🙂 Daar bly mos niks oor wanneer jy oud word om die broek op te hou nie.

    • Bruggie het gesê op Oktober 20, 2013

      n Weduwee bring destyds vir my al haar orle se kruisbande maar , helaas , almal is onbruikbaar. Duurkoop is goedkoop. My getroue vriend van die afgelope 20 jaar word van broek tot broek oorgeknoop. Dis die boep wat n belt ongemaklik maak. Ware oumansvrind, goeie kruisbande, Vega @vega

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.