by

Grappies op n stokkie.

Oktober 10, 2013 in Uncategorized

Kom ons kyk nugter na die Rooi Oktober veldtog.

Ons Praag vriende jaag Afrikaners op n bonnel met Volksmoord! Die Barbare wil ons uitdelg ! Wêreld , red asseblief.Gryp in. Rwanda is op hande. Riviere bloed is ons voorland.

Ja, dis afgryslik dat weerlose bejaarde Afrikaners sagte teikens is vir misdadigers op afgeleë plotjies en plase, maar daar is geen bewyse dat die polisie goedkeurend toekyk nie. In brute getalle word 50 swartes vir elke witte vermoor. Verfyn mens die statistiek ,kan jy wel n saak maak dat meer bejaarde Afrikaners sagte teikens is, maar dis onvermeidelik. Die afgelope 100 jaar is 90% van plattelanders Afrikaners. Deesdae is baie van hulle oud en slyt as sagte teikens hul laaste jare tussen armer,werklose swartes wat naweke dronk word en by die naaste sagte teiken geld soek.

Geen beplande Volksmoord nie.

Help die weerlose , arm volksgenote daadwerklik met diefwering, honde, alarms, radioverbinding., wagbeurte. Harde, eerlike,ondankbare werk.

Hierdie Red Oktober ballon nonsens is grandstanding en martelaarspeel. (Hoofman ryk Dan bring altyd ook die Boere oorlog gruwels van 110 jaar gelede by.)

Nee,magtig ! Hierdie ouens praat nie namens trotse Afrikaners nie.

34 antwoorde op Grappies op n stokkie.

  1. tina10 het gesê op Oktober 10, 2013

    Goed gestel! Dis presies soos ek ook voel. Ek is ook jammer vir die weerloses maar die beteken ook vir die kinders wat van honger dood gaan en weerlose oumense op plase. Rooi Oktober word wêreldwyd gevier – waarom dit vir politieke gewin kaap?

  2. Sulke mense maak my siek.Dis ook dieselfde met die armageddongroepe..dis altyd die weerloses en goedgelowiges wat op hol gejaag word.Van positiwiteit is daar geen sprake!

  3. maryna het gesê op Oktober 10, 2013

    Julle weet nie wie die hoofman (DR) is en met wie hy bande het nie, dus kan julle nie die agenda sien nie en nog minder sinvol bespreek, jammer om dit so kras te stel, ek wil nie aanstoot gee nie.

  4. Wonder wat kry hulle uit die “deal” uit?

  5. @benvanbruggen @tina10 @perdebytjie @marynam Dat daar baie meer swartes, selfs as jy die bevolkingsverdeling in ag neem,vermoor word, is waar. Die meeste daarvan, ek was poliesreservis vir baie jare, word op ´n heeltemal ander manier gepleeg. Meesal onbeplan, gesuip en hulle stry en een steek die ander met ´n mes. Dit is maar een voorbeeld, gaan nie jul tyd langer mors met meer voorbeelde nie. Moorde op blankes, neem heeltemal ´n ander vorm aan. Voorbedagt en baie meer wreed. Wie van julle moes al ´n goeie vriend, sterwend uit ´n motor haal? Met ´n haelgeweer in die lies geskiet. Wie het te doen gehad met iemand, wat soos jou tweede pa was, wat gemartel en 400 meter gesleep is en met sy eie haelgeweer geskiet is. 20 jaar gelede, toe ek uit SA weg is, was daar meer as 30 mense, vriende en bekendes, wat so gewelddadig gesterf het. Gelukkig geen naby familie nie. Wie van julle kan ´n swart taal praat en het enige kennis van die kultuur van hierdie mense? Ongelukkig word die waarheid weerhou, of dit bekend is weet ek nie, waarom die wittes so brutaal vermoor word. Ons sal baie oor die onderwerp kan sê, maar ek dink julle moet ook bietjie simpatie hê vir mense wat bereid is om te praat, al is dit dan net oor die oormaat geweld vandag in SA. Ek verkies om nie meer oor hierdie onderwerp te praat nie, aangesien mense reken ek moet stilbly omdat ek nie meer daar is nie, maar Ben, jy het my gevra om kommentaar te lewer, so ek moes.

    • Bruggie het gesê op Oktober 10, 2013

      @[email protected] Dankie, Danie, ek waardeer jou inset. Oor die marteling: Ja dis anders as die besope doodsteek van n sjebeen vyand want roof is betrokke.Wittes word meermaal gemartel om te wys waar geld of wapen versteek is.. Partymaal gemartel oor opgekropte woede van jarelange se Klaas/Baas verhouding. Partykeer bloot n geval van psigopatiese vark gedrag. Maar ons moet waak teen die oorbeklemtoning van die ras verskil. Ons vergeet van die wit Nylstroom monster, die Wit dwelmgespuis wat die professor in die Strand vermoor het om sy motor te steel . Die Wit Wolf wat onskuldige Swartes afgemaai het, Wit bullebakke wat hul werkers verneuk en verniel. Sodra ras betrokke is, moet ons liewer swyg as groot klok uitbasuin.
      Dis my groot beswaar teen Praag se veldtog.En, bowenal, keer is die beste geweer. Maak die mense minder kwesbaar.

      • @daniec Hierdie is en bly ‘n baie warm onderwerp.Uit jou ervarings kan mens jou nie kwalik neem oor hoe jy voel nie,want dit is die harde werklikheid.Wat ons egter in hierdie land moet doen,is om te probeer wegbreek van ras af en meer positief te raak en die kloof van onbegrip tussen swart en wit probeer kleiner maak.Dit sal beslis nooit gebeur met opstokery soos wat nou weer gepropageer word nie.SA het ‘n baie siek psige en almal moet positief daaraan werk.Dit klink onrealisties,maar ons moet iewers begin.
        Al woon jy nie hier nie,het jy nog steeds die reg om ‘n inset te lewer.Elkeen se ervaring tel en joune kan nie net gekanselleer word omdat jy nie meer hier bly nie.

      • tina10 het gesê op Oktober 10, 2013

        Om nie te praat van die ouers wat hulle kindjie doodgemartel het nie… wat van die pedofiele en mense wat kinders misbruik?
        @daniec Jy is netso geregtig op jou mening en siening as enige iemand anders . Niemand ontken dat boere wreed vermoor word, maar net so word werkers op plase ook vermoor… mense van alle rasse word getref deur die geweld

  6. @benvanbruggen @tina10 @perdebytjie @marynam @kompethenry Net nog ´n paar gedagtes oor die onderwerp.
    Ek dink die groot probleem in SA vandag, is dat daar geen, maar geen leier onder die blankes is nie. Die gevolg van jare se oorheersing deur die Broederbond, wat geen teëspraak en enige opposisie geduld het nie. Perdebytjie, jy is reg oor die opswepery, maar niemand durf dit waag om iets te sê oor opswepery van die anderkant nie. Lees gerus die kommentare by News24 se berigte. Dit is wat my baie bekommerd maak van die situasie in SA. Daardie wegbreek van ras en meer positiewe optrede, moet van beide kante kom en ongelukkig is daar aan die anderkant ook geen leier wat dít wil/kan propageer nie. Ek hoop ek is verkeerd met my siening, maar ongelukkig tel die geskiedenis van Afrika nie in die guns van ´n mooi en gawe oplossing nie.

    • Bruggie het gesê op Oktober 11, 2013

      Danie, miskien is ek verkeerd maar ek dink die blankes se beste heil lê in die nugter aanvaarding dat hulle selfs nie met die beste leierskap ooit weer politieke mag gaan bekom nie. Enige groep wat minder as 10% uitmaak moet liefs agter die skerms beding vir algemene beskaafdheid en algemene vooruitgang. Ekstremiste soos Malema is wel uitgeskop. Blankes word beste beloon deur swart staatmanne soos Mandela , Ramaphosa en Ramphele en swart leiers in die DA te steun. Zille is knap maar kom nêrens want sy is wit en dus n madam.

    • tina10 het gesê op Oktober 11, 2013

      @daniec Jy is beslis reg oor die leierskap ons wil liewer ander afkraak en kritiseer as wat ons saamstaan. Ek weet ook nie of SA gereed is vir ‘n vrou nie. Manlike patriargale stelsel is nog lank nie dood nie … ons soek ‘n man met die siel van ‘n heilige en ‘n onwrikbare geloof in dit wat reg is.

      @benvanbruggen Ek dink Ramaphosa en Ramphele is te ryk … en soos jy sê Zille is wit en ‘n people pleaser

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.