Daar’s probleme by die skaakklub. Ons moes met die Rondebosch bib onderhandel . En die goeie nuus is:
1. Die (baie) Xhosa -dames wat die skerms beman en boeke stempel , is gaaf en knap.
2. Die blonde middeljarige senior (vrou) is steeds daar . Sy is steeds gaaf, knap en aanvaar as leier. (Nie opsy geskuif nie)
3. Die knap vroue het verval uitgeskakel. Duur kunsboeke word nie meer by die vensters uitgegooi om die verklikker te omseil nie. (Die vensters bly oop vir vars lug, maar staalnet hou die boeke binne)
4. Die toilette is skoon EN toeganglik. (n Moerse kontrepsie is aan die sleutel vas wat verloor en uitsmokkel bemoeilik) .
5. n Verskeidenheid wakker/skerp mense onner 40 berei vir eksamens voor.
6. Die personeel bestuur vier internet rekenaars waar n menigte hul beurt afwag
7. Die suur Afrikaanse omie in sy swart pak klere , is weg. Hy het twee jaar gelede elke dag met oopmaaktyd.ingestorm en ook die twee Engelse koerante onder sy Burger ingeskuif om die Bergies van alle rasse te pê . Ook gereeld n taktaaktjie aan my uitgedeel saam met die Burger wat van een witmens aan n ander besorg moes wees. Hoera, hy’s weg. (weg geraap en beloon vir sy stryd teen die ongewasdes ?)
Hierdie pragtige ou gebou was voorheen die Rondebosch stadsaal. Die wye houttrap van Burmese kiaat met sy glimmende kiaat ree”lings het waarskynlik wêreldwyd kolonialers laat deel in Britse beskawing en mag.
Kersie op die koek ? Agaat , Philida, Poppie ens.word groot uitgestal. Duisende Afrikaanse liefdesverhale op tien meter rak. Spesiaal vir Bruggie en n horde Bruin vroue. (Vyf honderd meter rak vir Engelse boek/tydskrifte)
Hierdie bib vertel miskien van n bietjie Sonskyn vir Geknelde Land, ook vir Afrikaners,( veral met die wegraping van die traktaaktjie swartpakker.)
Onlangse kommentare