Jy blaai in die argief vir 2013 September.

by Bruggie

Gebruiksvriendeliker

September 30, 2013 in Uncategorized

Destyds het die trolle party mense so gepla dat WordPress gesien is as die oplossing. Maar toe is WordPress te

moeilik vir baie.

Die afgelope maand ontdek ek hoe gebruikersvriendelik Face Book is.

Nou die vrae:

1 Kan WordPress soos Face Book word ?

2.Kan  trolle met n Unfriend druk uitgeskakel word ?

by Bruggie

Drie mense

September 29, 2013 in Uncategorized

Hy was n Jood en sy n Katoliek. Saam het hulle twee normale dogters gehad en toe n laatlam Mongool seun. Pa, Ma en laatlam het by ons n pondokkie gehuur en deel van my jeug geword in die jare 1948 – tot -56.
Die laatlam is  mooi versorg. Rustig kon hy by n tafeltjie onder n boom sit en  sy sakdoek om sy vinger te draai n dan weer af. Sy tee en koekies is keurig bedien op n skinkbord met n kleedjie. As sy ma nugter was.
Ongelukkig was beide ouers alkoholiste. Dan gil sy elke vyf minute “Morrie, you bastard !”Haar dronkverdriet gaan oor hoe hy,gemene Jood, haar 4O jaar gelede verlei het. Sy, n goeie Katolieke meisie.
Stilte.
Vyf minute later verweer hy hom beneweld en sug  “Shuddup, you bitch”.
Elke paar maande was daar n krisis wanneer hul steenkool afgelewer is.
Dan gil sy benoud “Morrie, the coal !” en hy is skaars nugter genoeg om te antwoord  “Shuddup , you Bitch.”

 

En tog meen ek hulle was lief vir mekaar en het betreklik waardig bestaan op sy oorlogspensioentjie.

 

 

by Bruggie

Snoep ?

September 29, 2013 in Uncategorized

Ek verstaan  hoekom koerante taan . En dis jammer  baie goeie skrywers en joernaliste sit sonder werk.

Afrikaanse koerante  verdien minder met reklame  en daarom kos die Beeld, Burger en Volksblad deesdae R99 per maand.

Die Engelse koerante is amper almal nog gratis.

Rapport is steeds gratis op die net, en vir my n groot genot. Goeie rubriekskrywers maak beurte.

Ek vermoed Naspers knyp maar oe toe en dra dalk n verlies met Rapport.

DANKIE.

by Bruggie

Varke en koeie en die huwelik

September 28, 2013 in Uncategorized

Ervare mans sê Moenie n koei koop as jy ooral gratis kan melk nie.

 

Deurwinterde vroue sê Moenie jou eie vark aanskaf net vir n misrablele stukkie varkwors nie.

by Bruggie

wilde jong manne

September 20, 2013 in Uncategorized

Destyds met die de Doorns kakspul, maak die SABC n uitstekende  kletsprogram oor grond hervorming.

Gisteraand herhaal.

Groot kanonne  op die paneel , maar die mees charismatiese   n  jong swart man (Andile ). Slim en glad en

meer paraat met driekwart kennis as bullebak Malema.

Wittes het alle grond gesteel destyds. (1910). Mugabe is n held en die Wit Weste is verantwoordelik vir Zim se ellende.

n Kykie op die toekoms. Die ANC  saam met die (Wit) besittersklas gehaat. Gladde , wilde

swart charismate stook haat by die  swart , arm, massa.

Rowwer en rowwer.

Is dit n troos dat alle wilde jong manne gaandeweg kalmeer ? Mugabe is 89. Stalin ? Hiltler ? Fidel Castro ?

O wee.

 

by Bruggie

Dikvellig?

September 4, 2013 in Uncategorized

Hoe oorleef leeus en ander gladdevel diere die onder vriespunt nagte van die Afrika ?