Jy blaai in die argief vir 2013 Augustus.

by Bruggie

Ai, SABC 3 se chick flicks Saterdag-aande.

Augustus 3, 2013 in Uncategorized

n Jong man wat soos die arm man se Michel Mohl lyk, moet sy oupa leer vry. Die ou man moet  aanvanklik kies tussen Rose  en Wille Ouma.  W.O. soek Oupa se lyf en jaag hom skelm n Viagra in.

Grootoog fluister Oupa in Kleinseun se oor dat Wille Ouma hom n BJ gegee het EN sy was so gaaf om eers haar gebit uit te haal. !

Nou is Oupa vuur en vlam maar Wille Ouma se Nazi dogter breek die romanse wreed op. Sy noem Oupa n pervert en waarsku hom skree-skree om van haar Ma weg te bly.

Rose kom nou aan die beurt sonder Viagra en nou gee Oupa sy kleinseun raad. Hy met net eerlik wees en in n elle lange speech sorgvuldig vir sy mooi jong nooientje haarfyn vertel hoe hy oor haar voel.  Vroue hou glo van mans wat praat oor hul gevoelens, aldus die Chick Flick resep .

Kannie wag vir volgende Saterdagaand nie..

by Bruggie

Twee hoeras vir hierdie helleveeg

Augustus 3, 2013 in Uncategorized

My eerste vrou en ma van ons twee pragtige kinders (albei nou stewig op pad vyftig toe) was die enigste dogter van n Hollandse gesin wat na Hitler se oorlog,hul heil in Suid-Afrika kom soek het.

Die Matriag was n helleveeg maar ook die anker van die gesin. Nooit van haar hart n moordkuil gemaak nie en my ondeugde sonder doekies omdraai aan my verduidelik. Kort voor lank en ek en skoonma het lelik vasgesit.

Groot was haar vernedering toe sy moes kies tussen kaalgat uit die bad getel  word deur niksnuts skoonseun en n rug wat al erger pyn soos die water afkoel.

Met die Vader-des Huise se aftrede , het haar ouste seun, wat intussen n geliefde dokter geword het, vir haar n huis neffens sy eie gekoop, tot groot ontseltenis van sy vrou. Na n paar jaar moes hy n tweede huis vir die ou mense koop om sy huwelik te red. Hier bly die ou mense gelukkig tot die ou kêrel sterf.

Steunpilaar seun soek toe n finale blyplek vir sy ou moeder, n woonstel met n hysbak naby winkels. Hy besef dat sy hier haar laaste dae sou slyt. Sy suster vind hom in die nuwe woonstel , aan ‘t ween.

As ek in daardie woonstel sou moes staan en terugdink aan die ou helleveeg se lewenslange deugde, sou ek moontlik ook geween het.

Tweew hoera’s vir haar.