by

Denial

Augustus 22, 2013 in Uncategorized

Wat is die beste Afrikaanse woord vir denial ?

Ek verkies selfbedrog. Wie sê liewer ontkenning?

Meesal doen selfbedrog skade. (Soms groot). Maar partykeer moet n ou vrouens se selfbedrog miskyk. Dis wreed (en dom) om altyd nugter , logies en feitlik  te wees.

Ontken (heftig) saam as n vrou vra of sy vet is. Moenie aanhou probeer om vrouens se plan te verbeter  nie. Voort neuk  is ook  selfbedrog. Jy gaan nie wen nie , broer.

 

11 antwoorde op Denial

  1. NOU praat jy . . . !

  2. Denial…..dis mos daai lang rivier in Afrika

  3. Weet jy Bruggie ‘ver bo korale’ sagtheid in my man se kyk is ‘n ware spieëlbeeld van hoe ek van binne en van buite lyk. Die nugter waarheid van sy regterbrein hoort by oorlewing, sy beroepswêreld of sy bankbalans. Sou hy my met dieselfde kritiese insig as sy 4X4 se diens hanteer, beloof ek jou plegtig op my woord van eer, presies dit sal ek ook word en lyk !

  4. tina10 het gesê op Augustus 22, 2013

    hehehehe… hoe lekker lag ek nou. Jy kan sowaar net nie regkom met vroumense nie? Siestog dit moet bitter swaar wees.

  5. Moeilike een hierdie..dalk is jy ook in ontkenning oor wie ookal se ontkenning.Om Zeppie se woord (rivier in Afrika) in te span..gebruik maar denial om rustig in ‘n kano met die waters saam te vaar.

  6. Dis ontkenning – en ek weet, want ek vaar mos hoeka op die Nyl as dit by ouderdom kom!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.