by

Harig

Augustus 19, 2013 in Uncategorized

Wekom terug aan Perdebytjie want sy sal sekerlik vasbyt ten spyte van wat ek nou hier gaan vertel.

Dit was vrek koud en onplesierig in die Kaap. Daarom stroop ek toe alles bokant die belt af om n bietjie vitamine D op te suig toe ek fglussies van die skaak af terug fiets.

Ek het nie rekening gehou met die pouse by Rustenburg High for young ladies nie. Daar trap ek toe met my kaal, harige boep verby die verfynde jong dames waar hulle ook die sonnetjie geniet.

Hierdie bedorwe jong fynproewers jil toe afkeurend toe hul my forse gestalte moes verduur. Ag nee ah. Verfynde dames sou hoogstens gesmaail  en mekaar in die ribbes gepomp het.

Ek gaan die harige boep laat krimp sodat die klomp oor n maand die heining spuls gaan uitklouter.

23 antwoorde op Harig

  1. Lekker lag ek nou! 🙂

  2. Bwahahahaha! Lekker lag ek nou vir jou!

    Klomp ongeskikte “dames”!

  3. Die son op jou glansende lyf moes hulle seker verblind het..

  4. Die weerkaatsing van die son op jou blink lyf het hulle seker verblind…!

  5. tina10 het gesê op Augustus 19, 2013

    hehehehehe… 😆 Ook maar mens!

  6. Twaksak het gesê op Augustus 19, 2013

    Die probleem met ‘n ou harige boep is hy bly boep al word jy maerder. Raak net velleboep. Tummy tuck?

  7. Hehe ! Ai tog! Hulle beurt kom!

    • Bruggie het gesê op Augustus 21, 2013

      Ek sal uit die doderyk jil as een van hulle dit oor vyftig jaar bostukloos op n fiets waag. Hulle sal dalk die pendulums eers om die nek moet knoop, of hoe , Carol.

  8. So dis ‘n saak van moer vinnig verby jaag met fiets of lekker stadig cruise….en dit hang alles af van die size van die pens…

  9. Ons is matrose in dieselfde bootjie. my probleem het gekom toe ek ywerig gegym het, te veel sit ups.

  10. Zirkie het gesê op Augustus 31, 2013

    Ek hou hiervan!! 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.